Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Kreatiewe Skryfstyle => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 10, 2019, 03:26:57 AM

Title: Reël vir Reël Digstruktuur (Line by line Poem Generator)
Post by: Meraai vannie Baai on September 10, 2019, 03:26:57 AM
Line by Line Poem Generator.

Indien jy belangstel, hier is die skakel:
https://www.poem-generator.org.uk/?i=t93ldi0

Ek het toevallig hierdie skakel raakgelees en wat 'n raar woordfees en uitdaging het dit nie geword nie! Die eindproduk word gevorm nadat jy elke keer een reël gekies het uit die onderstaande lys van reëls wat gegee word en sodoende 'skep' jy dus met 'n ander se woorde reël-vir-reël voort.

Dit gee ook verskillende ander struktuur-opsies soos byvoorbeeld: Haiku, Free verse, Limerick, Sonnet, Love Poems, Didactic Cinquain, Rhyming Couplets, Villanelle, Acrostic, Narritive, Tanka, Line by Line en daar is selfs 'n afdeling vir die skep van lirieke.

Jy word heel eerste gevra om 'n enkelwoordtitel te gee vir jou skepping. Ek het 'Words' gekies.

Words

Choose a first line from the options below

By the grave I saw the views
I heard a pursuant, lyric quarreling
On that day my soul grew splendid
'Words!' said I, 'thing of mode.'
Once upon a midnight happy
When I thought of the Words
Words - tormentor of my dreams
My passion is the silent text


My keuse was 'Words - tormentor of my dreams:

Your Poem So Far
Words
Words - tormentor of my dreams

Dan verskyn daar elke keer 'n nuwe klompie reëls (lines) waaruit jy moet kies. Jy kan die versformaat ook self kies.

My voltooide (geleende) skepping het so vertoon en die beeld wat die twee verse by my geskep het, was snaaks genoeg, die van vals profete wat eensame siele soos skape ter slagting lei met vals geskrifte en veroordeling wat in nimmereindigende selfwroeging ontaard.

Words
Once upon a midnight lonely
while I pondered, sole and only
you came gently baaing, baaing, baaing.

Remembering many ultimate, solitary notes
to warn me about the scriptures
through which came wrangling, wrangling, wrangling.

Thanks to Datamuse, whose word engine was used to complete the poem.

Ter nagedagtenis het ek die onbewuste 'struktuur' ontleed waarin die gedig ontaard het sonder dat ek die lyne doelbewus so gekies het. Verrassend was die herhaling van woorde en rympatroon:

Once upon a midnight lonely
while I pondered, sole and only
you came gently baaing, baaing, baaing.

Remembering many ultimate, solitary notes
to warn me about the scriptures
through which came wrangling, wrangling, wrangling.

Die eerste reël van elke vers bevat 5 woorde.
Die laaste twee reëls van elke vers bevat albei 6 woorde.
 :notworthy: :hello2: