Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on February 05, 2019, 07:33:07 AM

Title: Sing vir my
Post by: Ans Botha on February 05, 2019, 07:33:07 AM
Sing vir my

die dag as my woorde opraak
en ek sing nie meer in die wind
vir jou my liefdessimfonie nie
moet jy my vinnig vang
as die wind oor jou waai

die dag as jy my nie meer hoor nie
luister vanaand na die getjank van die jakkals
die roep van die uil
die brul van ‘n leeu

maar as jy voel jy slaap nie alleen
weet ek is daar
vou my toe soos ‘n kokon
in die hitte van jou arms

fluister jy dan maar vir my
‘n liefdeswoordjie
vertroetel my saggies

sing jy dan vir my ‘n liedjie
van liefde wat alryd bly
voor ek weer moet ry
op die wind se rug

©ANS BOTHA
Title: Re: Sing vir my
Post by: PM on September 17, 2021, 05:12:11 AM
Ek hou hiervan.  Dit is lekker om so tydsaam alles te lees wat ek gemis het.  Nou is dit geraak, nie gemis nie!   :bootyshake:
Title: Re: Sing vir my
Post by: Naas on September 17, 2021, 07:04:05 AM
Sjoe Ans. Die rillings sinkplaat teen my krom rug af.
Dit spreek prentjiemooi met my.
Bly jy is terug en sien uit na meer.

 :icon_bigsmurf: