Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on January 29, 2019, 07:49:30 AM

Title: Maak reg vir die groot trek.
Post by: PM on January 29, 2019, 07:49:30 AM
Ai, dit is baie besig hier by ons.  Hannes het die laaste week besproeiing in die kweekhuis en die tuin aangebring.  Ek is steeds besig om die yskaste en vrieskas leeg te kry en te was.  Al die kos in die kaste moet uit.  Met die hitte wat ons hier het hou meelprodukte nie lank nie of die miet oorval dit.  Drie maande is 'n lang tyd in die bosveld. 
Ek het nog twee dae tyd om op te ruim, skoon te maak en te pak, dan gaan ons Gerhard toe en Maandag vlieg ons.  Ek kan nie glo die tyd het so gou verby gegaan nie. 
Title: Re: Maak reg vir die groot trek.
Post by: Anton Louw on January 29, 2019, 11:38:22 AM
Sterkte met al die gepakkery en skoonmaak.   Ek was gister by Gerhard gewees om te kyk na van hulle produkte, maar hy was toe nie daar nie.
Title: Re: Maak reg vir die groot trek.
Post by: Meraai vannie Baai on January 29, 2019, 12:02:04 PM
Sterkte met die pak mater. Groot werk. Pas julle self mooi op groot asb. Geniet wat julle ook al gaan doen hoor  :love7:
Title: Re: Maak reg vir die groot trek.
Post by: PM on February 02, 2019, 10:23:41 AM
Dankie julle.  Ons is darem nou hier in Centurion.  Nog twee slapies dan is ons weg, maar voor dit moet nog baie dinge gedoen word. 
Ek sal darem kom groet voor ons vlieg.