Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Grappies => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 10, 2019, 02:45:50 AM

Title: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Meraai vannie Baai on January 10, 2019, 02:45:50 AM
(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/new%20supermarket.jpg)
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: adele on January 10, 2019, 06:44:11 AM
 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Assie on September 12, 2021, 01:09:31 PM
Oupa se toiletpapier is net vir mense wat vol stront is.
Ons het vir jare lank koerantpapier gebruik. My aambeie kon voor my lees.
As die koerante op was het ons die blou papier gebruik waarin die appels destyds toegedraai is. Ongelukkig het dit die flennie onderkleure blou gevlek.

 :mumum:
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: PM on September 12, 2021, 01:54:33 PM
Wie wil nou soos 'n blougataap lyk?
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:57:02 PM
Ek vat maar altyd my eie toiletpapier saam plaas toe. Daai blou papier is darem net te plastiekerig vir na my smaak.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: PM on September 12, 2021, 09:26:06 PM
Gelukkig is ons nie in die tuin van Eden nie.  Ons sou vyeblare moes gebruik.  Eish! 
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Naas on September 12, 2021, 09:57:24 PM
Dink net aan daai gejeuk. Dit sou 'n groot geneuk afgee.
As ek so kyk hoe sommige mense teel (as hulle nie in die tronk is nie) dan jeuk daai geneuk verskriklik.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: PM on September 12, 2021, 10:02:33 PM
Nou slinger ek erg hier tussen die dubbelsinnigheid rond.  Jy sal moet kom verduidelik.   :icon_scratch:
So tussen die boom en die bas, sien jy nou dat dit nie die ideale is om in die tuin van Eden te wees nie.
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Naas on September 18, 2021, 12:41:29 PM
Ja wraggie Ta PM. Dink nou net in die herfs as daar nie meer fyeblare is nie en die kaktusse blom.
Dit sal 'n stekerige gejuk of 'n jeukerige stekery afgee so met die kaktusblare en al.
Ai toggie. Dwaal my gedagtes nou lelik tussin vyblare en kaktusblare rond.
O! Hallie ha.

 :mumum:
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: PM on September 20, 2021, 04:16:34 PM
Jy kan bly wees dit is net jou gedagtes!   :pottytrain2:   Kyk nou wat met jou kan gebeur!
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 05:05:04 PM
"Oupa se toiletpapier is net vir mense wat vol stront is.
Ons het vir jare lank koerantpapier gebruik. My aambeie kon voor my lees.
As die koerante op was het ons die blou papier gebruik waarin die appels destyds toegedraai is. Ongelukkig het dit die flennie onderkleure blou gevlek."

HAHAHAHAHAHAHAHAHA love dit Assie
Title: Re: Waarom ek nie toiletpapier by die supermark koop nie
Post by: PM on September 20, 2021, 10:14:56 PM
Oom Naas sĂȘ nou weer hy koop nie toiletpapier nie, want die mense trek dit in elk geval deur hulle O!  (Dit staan vir gat)  :angel4: