Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Kampstories => Topic started by: Anton Louw on January 08, 2019, 07:34:57 AM

Title: Meraai se goedkoop kamp storie
Post by: Anton Louw on January 08, 2019, 07:34:57 AM
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Meraai%201.jpg)

Ons baie gelukkig hier in Aus met al die gratis kampplekke en die 'grey nomades' wat hulle kinders se erfgeld uittoer, maak deeglik gebruik daarvan. Ons gebruik dit graag en selfs al is ons oppad kus toe slaap ons oor waar daar ook al een op ons roete is en met die terugkom dieselfde. Sommiges het 'n beperking van 24 uur ander weer 36 uur en daar is waar jy selfs 'n week lank gratis kan staan en die rus en vrede veilig geniet.

Nog een tussen die berge...
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Meraai%202.jpg)

Hierdie gratis kampplek is so drie kwart uur se ry van ons af en ons kamp graag vir 'n naweek hier. Daar is 'n pragtige creek en die mooiste sonsondergange.
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Meraai%203.jpg)

Met 'n kampsessie langs die creek geneem
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Meraai%204.jpg)

Oorspronklike inhoud geneem van die Kampforum.co.za Facebook groep en oorgeplaas na kampforum.co.za hier: https://www.kampforum.co.za/comment/47598 (https://www.kampforum.co.za/comment/47598)
Title: Re: Meraai se goedkoop kamp storie
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2019, 12:11:42 AM
Dankie vir deel ook hier mater. Groot verrassing gewees en inderdaad is ons bevoorreg om gratis te kan kamp.
Title: Re: Meraai se goedkoop kamp storie
Post by: PM on January 15, 2019, 06:35:25 PM
Ek is darem nou baie jantjie hoor!  Ek moet ook een van daai kry Anton.  Baie dankie vir die deel matertjie.  Dit is altyd 'n voorreg om saam te kuier. 
Title: Re: Meraai se goedkoop kamp storie
Post by: Meraai vannie Baai on May 26, 2020, 12:26:09 AM
Ek is nou 'Jantjie' op onsself. Voel soos eeue laas dat ons so kon ontspan en vars lug geniet. Gelukkig kom daar verligting vanaf die 12de Junie wanneer ons weer mag kamp binne 'n radius van 250km MAAR jy mag geen grense na die ander state van Aus oorsteek nie. Een van die vereistes is dat jou wieletjieshuis selfversorgend moet wees m.a.w jy moet jou eie badkamergeriewe gebruik. Die oorde/gratis oornagplekke se toiletgeriewe is gesluit weens die nare gogga.
Title: Re: Meraai se goedkoop kamp storie
Post by: PM on May 26, 2020, 02:28:58 PM
As ons kan 250 km reis, kan ons sommer drie "state" oorsteek.   :angel12:  (Van hier waar ons woon)


Voor jy weet is dit die 9de Junie.  Die jaar vlieg!