Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: PM on November 13, 2018, 11:57:13 AM

Title: Aanstap rooies
Post by: PM on November 13, 2018, 11:57:13 AM
AANSTAP ROOIES

Woorde: B.A. DE WET: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN


Aanstap rooies!  Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.
Opstaan, inspan, die laaste trek lê voor,
nog lank voor dagbreek trek ons die eerste bultjie oor.
O, hoor net die sweep se slag, slag, hoor net die sweep se slag,
Tuis kom ons nog vannag waar ons geliefdes wag.
Title: Re: Aanstap rooies
Post by: Anton Louw on November 13, 2018, 09:32:59 PM
Ek onthou hom darem baie goed vanuit my Voortrekker kampvuur aande  :hello2:
Title: Re: Aanstap rooies
Post by: PM on November 15, 2018, 10:02:18 AM
Ek wens regtig dat meer kinders die voorreg sal hê om saans, soos ons toe ons kinders was, om die vuur kan sing, grappies vertel, of net na die oumense se stories te luister.  Dit is 'n kosbare deel uit my kinderjare. 
Dan het my pa nog vir ons al die sterre uitgewys en dit was ook 'n hoogtepunt. 
Title: Re: Aanstap rooies
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 10:03:25 AM
'n Era wat verby is ... sniksniksnik.