Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Praglyne => Topic started by: Naas on November 09, 2018, 11:38:41 AM

Title: Tongknopers
Post by: Naas on November 09, 2018, 11:38:41 AM
Se so vinnig as moontlik...

Wat weet wilde woelige Willemien van warm waatlemoene en wurms wat Willem Wabeke nie weet nie?

Leef Neef Nieuhout nog in die ware wilde weste?

Tante Tattie trou tien teen een teen die tiende

Sal Sannie en Sara Saterdag ses en sestig sade saai?

Sewe seemonsters swem elke Sondag in die see.

Drie dronk dansende duiwels dreun deur donker drome.

Daar dryf drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam.

Nege nukkerige nagapies jaag nege jeukerige jakkalsies heelnag om die naboomboom.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tongknopers
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2018, 11:42:07 AM
Ek is bly dat hier niemand naby was toe ek hulle een vir een probeer het nie.  :angel4:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on November 09, 2018, 12:45:47 PM
Die tongknopers was nog altyd groot pret.  Dankie Naas.   :love7:
Title: Re: Tongknopers
Post by: Assie on November 12, 2018, 11:09:12 AM
Wie weet waar Willem Wessels woon
Willem Wessels woon waar woeste weste winde waai
Wie weet waar woeste weste wind waai
Woeste weste winde waai wes.


 :mumum:
Title: Re: Tongknopers
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:10:35 AM
Jare gelede by die ou forum het ons hierdie vervolmaak! Duisend dankie vir deel Naas. Jy is 'n ster.  :icon_biggrin: :`ip2:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on November 12, 2018, 11:14:52 AM
Dit was omtrent 'n elle lange storie!  Onthou ek dit sooo goed. 


 Die kat, die trap, die timmerman, die rooi, die kroes, die knak, die krulle van die trap.

Die kok die kook die bok se kop in die koper pot.


Ons het hierdie een ook gereeld probeer:
Die dooie dikke drommel druk die duiwel deur die dubbele doringdraad.
of
Drie ribbokramme spring dwarsdeur die drie dubbele doring draad.
 
Title: Re: Tongknopers
Post by: Naas on October 02, 2019, 01:13:12 PM
Ek het nog 'n paar gaan soek.

Vlekkie vreet vinnig van verskillende veeragtige voƫltjies voordat verskillende veeragtige voƫltjies vinnig verdwyn.

Swart slange seil stil sodat stadige skilpad saggies sal slaap.

My liewe neef Louw, my neus jeuk nou.
Jeuk my liewe neef Louw se neus ook nou?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tongknopers
Post by: Meraai vannie Baai on October 07, 2019, 04:46:20 AM
Ek klink dronk en baie onheilig  :icon_biggrin: :headbang:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on March 12, 2020, 03:09:44 PM
Jis, ons het hierdie een stukkend gespeel.   :headbang:
Title: Re: Tongknopers
Post by: Assie on September 06, 2021, 11:56:32 AM
Jy kan maar stadig ook probeer...
Kameelperd kalmeerpil.

 :mumum:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on September 06, 2021, 12:34:20 PM
Kameelperd kalmeerpil laat die kalm bulle tril.
Title: Re: Tongknopers
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2021, 11:30:21 PM
Verkrukkeld gelag en bitter dankbaar ek is alleen in die pandok vanoggend  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on September 07, 2021, 09:07:01 AM
 :icon_biggrin:   Die lewe is 'n lied.  Mens moet net die deuntjie leer. 
Title: Re: Tongknopers
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:48:59 PM
In SA is die lewe 'n rap.
Hier kiep kiep
Daar steel steel
En woerts uit die tronk uit...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tongknopers
Post by: PM on September 12, 2021, 09:32:01 PM
Ag nee my liewe vriend, hulle maak nie eers die tronkselle nie.  Belastinggeld word gesteel voordat die taxman daaraan kan raak.  Waar dink jy moet die geld vandaan kom om hulle te onderhou!