Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Die Woordkroeg => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 31, 2018, 06:51:44 AM

Title: Salvation Army Style
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2018, 06:51:44 AM
Ek was nog nooit my ma se soetste of voorbeeldigste kind nie maar genadiglik is daar 'n liggie in die tonnel as jou onderklere verklap dat jy in die 'Salvation Army Style' paradeer om die jare se ska(n)des te verbloem. :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bra%20types.jpg)
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Anton Louw on October 31, 2018, 07:50:40 AM
Hie hie hie hie!   :snorting: :book1: :icon_scratch:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2018, 08:30:21 PM
My skoonsus Nellie Mostert in SA skryf die volgende na aanleiding van die grafiese voorstelling:
Ai ou Raai hier is nou vir jou n teer ou sakie😁 als hang wat regop gestaan het ,dit wat vroër gehang het trip my nou ek was geruisloos , ..nou kraak als elke buig,rek of strek klink dit of iewers uitmekaar gaan skeur! My gatsig word geplooi soos n 1960 plooitjies romp!! My tone groei in alle verkeerde rigtings ,weg van hul maatjies ,satteliete op die agterstewe, hormone verander in demone😁 gesig rome het verander van dit wat ek sommer saam die kruideniers van die rak kan koop na n aardige bedrag rome net om tog te kan briek aandraai vir die volgende plooi wat loer loer sy lé wil kom maak! Oulike buustelyfies het in kanondoppe verander!! Fyn panties in drapeersels,,,so kan ek aan en aan gaan! Maar wag ek roep halt voor ek nog in n depro ingaan😁 stem saam oud word is nie vir sissies nie en ek ....is taf!!!

En toe skryf nig Bennanta so:Ha ha ek dink ek is die Salvation Army.....gravity het oorhand geneem....😁😁 lyk nou soos 'n uitgesuipte wyfie wolf!

Mede skrywersmater Quiza Gunter reageer so: Dis dalk nie so onooglik soos mans se borsspiere wat nog laer afsak dat hul reeds oversized t-hemde dit nie eens kan verdoesel nie!

Die kommentare lees die uwe net na vier die oggend hier by ons en nou is my hele huishouding wakker  :icon_biggrin:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: PM on November 01, 2018, 12:50:50 PM
Pragtig!  Ek hou van daai satteliete op die agterstewe, kan so goed assosieer daarmee.   :icon_biggrin:   Ek gebruik nie eers rome nie, dit raak weg in die slote.   :icon_biggrin:   My geliefkoosde uitdrukking is:  koonheid vergaan maar deug bly staan.   :icon_biggrin:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Naas on October 18, 2021, 04:56:42 PM
Ek het mos hangwange soos 'n droewige bulldog. Dit het darem die voordeel dat dit my dubbelken verdoesel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: PM on October 18, 2021, 07:41:38 PM
Goeiste, was dit ons wat soveel dinge kwytgeraak het? 
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2021, 11:09:57 PM
Deesdae verlig ek enige voetpad want my liggies is permanent op dim  :sign10:  :grommit:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: PM on October 19, 2021, 01:44:14 AM
Liewe Naas met die hangwange soos 'n droewige buldog, ek lief jou.  :notworthy:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Assie on October 19, 2021, 01:55:25 AM
Oorle Oom Fanus het mos gese oor die draadlosie dat 'n mens weet 'n vark het masels as sy ore hang en sy stertjie lugdraadregop staan.
Toe bel daar 'n benoude tannie in. Sy is tot die dood bekommerd. Vertel haar man se ore hang nie maar sy is doodseker hy het varkmasels.

 :mumum:
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: PM on October 19, 2021, 01:58:37 AM
Plaas sy juig, nou kla sy!  Wat word tog van ons ou nasie.   :crybaby2:
Ek sien nog steeds die buldog met sy hangwange.   :angel7:   Dit is 'n pragtige beskrywing.
Title: Re: Salvation Army Style
Post by: Assie on October 19, 2021, 02:06:10 AM
Nou praat Ta PM mos. Met sy stywe lugdraad sal sy ontvangs mos baie beter wees.
Dhuuu!!! Daai vrou is seker blond.

 :mumum: