Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Kampstories => Topic started by: Anton Louw on October 30, 2018, 05:39:59 AM

Title: Dube Wild Reservaat naby Brits
Post by: Anton Louw on October 30, 2018, 05:39:59 AM
Ons was nogal baie lanklaas by Dube gewees, dit was Mei 2016  - maar een van ons gunsteling kampplekke.   Ons is genooi om Desember vir 'n week oor kersfees daar te gaan kamp om hulle nuwe fasiliteite te toets en ook 'n "nuwe" resensie te skryf.

Hier is die vorige een.  Een van my heel eerste's van ons winter kamp in 2015 toe Jonika nog swanger was met klein Jovan.  Ek sien baie uit daarna om weer by Dube te gaan kamp!

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Dube%20Voortrekker%20Artikel.jpg)
Title: Re: Dube Wild Reservaat naby Brits
Post by: PM on November 01, 2018, 01:15:46 PM
Ons het so vier jaar gelede daar plek bespreek vir 7 dae, maar Hannes het siek geword en na net een  nag moes ons terug gaan.  So, ons het nie veel daarvan gesien nie. 
Title: Re: Dube Wild Reservaat naby Brits
Post by: Anton Louw on November 01, 2018, 01:21:01 PM
maar Hannes het siek geword en na net een  nag moes ons terug gaan.
Dit is die ergste tipe vakansie as mens dit so kort moet knip  :nono: