Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Vervloeë woordskatte => Topic started by: PM on October 25, 2018, 12:24:28 PM
-
Ek het op 'n paar gesegdes afgekom wat nie alom bekend is nie. As julle nog kan byvoeg sal ek dit waardeer.
Jy was jou gesig met 'n ander ou se waslap - Dit is soos om met 'n ander ou se osse te ploeg -
Hy is fyngelap - netjies aangetrek -
Elke donkiemerrie dink haar vul is 'n reisiesperd - elke ma dink haar kind is die beste -
Wind sny vir iemand - om behulpsaam te wees -
Afval wat vleis word en dink dit is rugstring - 'n arm persoon wat ryk trou en homself dan belangrik voordoen -
Kop vol tande, bek vol bril - Hy dink nie voor hy praat nie -
Hy is soos 'n satelliet sonder sein - Iemand wat kan hoor, maar nie kan luister nie -
Maak vir jou vriende vir die jongste dag - om vriende te maak wat jou sal bystaan deur dik en dun -
Om lakens uit te deel - om baas te speel in die huis -
Iemand wat op droe grond visvang - iemand wat sy bes probeer om 'n geheim te wete te kom -
Kriekspring - lynreg van mening verander -
Ek sal more nog 'n paar plaas. :wave:
-
Dankie Petra ons wag vir die ander.
Hier op kampforum geplaas: https://www.kampforum.co.za/node/2710 (https://www.kampforum.co.za/node/2710)
-
Groot plisierigheid Anton. :toothy4:
Hier is nog 'n paar:
Hy praat 'n dooie jakkals aan die draf - hy praat baie - hy praat jou ore van jou kop af -
Die asem sit nog - 'n Antwoord op "hoe gaan dit" -
Klein klippies rondskop - As daar belangrike werk is om te doen dan hou die persoon hom besig met onbenullighede -
Hy is 'n kortsokkie - iemand wat onervare is -
As iemand dwarsgebek is - hy stry gou en maklik -
So sonder arms rondstaan - hy staan ledig rond sonder om te help -
Sê dat sê sy sit kan kry - Wanneer iemand dikbek is en nie sy mening wil lig nie -
'n Ketel aan die tuit beet hê - As iemand 'n saak verkeerd aanpak.
Nuljoenêr - Iemand wat maak of hy ryk is -
Die bruid op elke troue, die lyk by elke begrafnis - iemand wat altyd die middelpunt van belangstelling wil wees -
Dit is genoeg vir vandag, anders raak julle verveeld. More bring ek nog. :wave:
-
Dankie! Ek het hulle oorgeplaas :icon_bigsmurf:
-
Jy het die skakel vergeet. :toothy4:
-
Soos belowe is hier nog 'n paar.
Hy kan nie sag kook nie - hardkoppig
Jy kan jou nie ryk koop nie - Probeer die indruk van welvaart skep met aardse besittings -
Middelvinger - vloekvinger -
Net 'n kooltjie vuur kom haal - blitsbesoek -
Sy is 'n pondjie botter - 'n mollige meisie -
Die kuite styf trek - jou vererg -
Hy is hoog neergesit - gesê van iemand wat ver gekom het in die lewe -
Kopwurms - emosionele bagasie -
Wit tandjies wys - glimlag -
Dit is al wat ek het. As iemand nog byvoegings wil maak sal ek my stertjie swaai. :read2:
-
Baie dankie Petra!
-
Kom vuurhoutjies leen - ook n blitsbesoek
Hou jou woorde sag en soet. Net vir ingeval jy dit self moet eet
'n Man is nie 'n klip nie.
-
Gesegdes is die geurigste speserye en kruie van 'n taal - jy kan dit van kies tot kies rol en jou verlustig in die klanke. :hello2: :notworthy: :icon_salut:
-
Anton, ek lees nou jou "vuurhoutjies" en dit laat my dadelik dink aan my vriend Dries wat nou in NZ woon.
Ek was nog besig om te leer om my taal "mooi duidelik uit te spreek" toe ek praat van vuurhoutjies.
"Wat se ge vuurhoutjies is dit met jou man, dit is vieriekies." Ons praat vandag nog van vieriekies. :toothy4:
Jy is reg Raaitjie, ons mooie mooiste taal. :love7: