Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on October 24, 2018, 09:03:44 AM

Title: Maanligsonate
Post by: Ans Botha on October 24, 2018, 09:03:44 AM
Maanlig Sonate

vanaand wil ek vir jou kaalvoet dans
op die maat van
Beethofen se Maanlig Sonate
op die groen van die gras

daar wil ek jou uitlok
verlei na plekke waar
storm winde ons harte word
rivierstrome in ons are vloei

ek wil jou arms om my voel
jou hande onrustig soekend
om my onstuimige liggaam
saam met jou liggaamlike ritme woel

ek wil die stormwinde trotseer
saam met jou
die rivierstrome aandurf
saam met ons polsende harte

maar die maanlig sak
die sonate het ophou speel
die storms het bedaar
die rivierstrome het weer bloed in ons are gepomp

nou is dit weer net ek alleen
in die hemelse natuur
met die oggend geluide
saam die sonsopkoms

©ANS BOTHA      15/06   8:14





Title: Re: Maanligsonate
Post by: PM on October 24, 2018, 10:26:19 AM
Jou gedig spreek van heimwee.  Pragtig gedoen Ans. 
Title: Re: Maanligsonate
Post by: Anton Louw on October 24, 2018, 08:47:34 PM
Baie mooi.  EK het dit sommer op die kampforum gaan plaas  :headbang:
Title: Re: Maanligsonate
Post by: PM on October 25, 2018, 09:07:20 AM
Kan jy asseblief 'n skakel daarheen plaas.  Almal sal graag daar wil gaan kuier.   :icon_salut:
Title: Re: Maanligsonate
Post by: adele on October 25, 2018, 02:57:23 PM
Jip, seblief Anton  :love7:
baie mooi Ans
Title: Re: Maanligsonate
Post by: Ans Botha on February 04, 2019, 10:54:19 PM
Baie dankie
Title: Re: Maanligsonate
Post by: Ans Botha on February 05, 2019, 07:27:55 AM
Probeer om met my foon vir julle 'n boodskap te stuur maar die foon werk nie vir my nie. Baie dankie Anton en PM. Wat is Kampforum?