Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on October 17, 2018, 11:49:17 AM

Title: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 17, 2018, 11:49:17 AM
Julle word beboet!  'n Dierevers van julle elkeen of julle gaan reguit tronk toe.  Julle gaan nie eers by begin verby  nie, sommer reguit tronk toe!   :angel7:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2018, 12:33:57 AM
Giggel ek opgewonde. Outop het so gesegde as die wekker afgaan om aan te dui hy moet nou padvat werk toe soggens half sewe.
"Go to work. Go straight to work!"
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anton Louw on October 18, 2018, 05:55:11 AM
Gaan Naas en Anastasia pakslae kry?  :`ip2:    Ooooh Lekker!  :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2018, 06:10:43 AM
By die ou forum het ons sulke ABC boetes uitgedeel as iemand drooggemaak of nagelaat het om 'n bydrae te maak. Dit was pure woordpret Anton en ek het soveel skatte daar gaan gaps en bewaar wat ons nog steeds vreugde verskaf.  Ons sal sien of daar 'n boeteversie van die twee geliefde maters gaan verskyn of nie.
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 18, 2018, 10:08:02 AM
Nee wat, ons sal hulle net 'n strafversie laat skryf.   :evil6:   Jy kan hulle altyd op koffiediens plaas.  Siende dat hulle altwee onderwysers is sal hulle presies weet waarvan ek praat. 
Ek hoop hulle is gesond en het nie ander probleme nie.   :dontknow:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anastasia on October 18, 2018, 10:27:38 AM
Oeeeepsie!  Wat is die 'aanklag '?  Gereelde afwesigheid?  Waar plaas ek my versie?  Sommer hier of is daar n spesiale kampie op ou Mcdonald se plaas?  :grommit:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 18, 2018, 10:33:22 AM
Ek is so bly om jou hier raak te loop.  Die aanklag is - om PM onnodig te laat bekommer oor julle -
Jy kan dit hier plaas en ek wou baie graag 'n dieregediggie ook sien, maar dit kan een en dieselfde wees.
As dit 'n dieregediggie is kan jy dit daar plaas.  Dankie hoor.   :hello2:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anastasia on October 18, 2018, 05:33:25 PM
Skuus man.  Ek was erg bedrywig, is eintlik steeds, met my aanlyn skool/studentehulp.  Maar dit gaan verder baie goed, behalwe vir die normale oumensklagtes.  Ek sal my versie gaan pen op ou McDonalds se diereversie plek
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2018, 11:31:31 PM
Pragtige gedig Anastasia. Ek het hom raakgelees op FB en styf duime vasgehou dat hy hier ook uitgestal gaan wees. Nou wag ons in spanning vir ons geliefde mater Naas se skepping.
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anastasia on October 19, 2018, 12:28:10 PM
Ek is nou properlies bekommerd oor ons Naas haas.  Wonder waar is hy?
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2018, 12:32:35 PM
Ek het hom gedurende ons dag hierdie kant van die aardbol sien dwaal deur die gange maar voor ek hom nog kon vaskeer in 'n hoekie was hy alweer skoonveld. Mis mis mis hom julle en glo almal voel dieselfde  :crybaby2:

As die ink in penne opdroog
eggo 'n duisend woorde
deur verlate teaters
van siele en hol klanke
verdor gebeentes en ekke
mis die winterkaroswoorde
van sielematers
nes julle!

Naas, waar is jy mater? Ons filang.
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 19, 2018, 01:59:40 PM
Ag dis nou pragtig Raaitjie.  'n Hele bekvol waarheid.


Ek hoop ook die ou is net dikbek en nie siek nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 19, 2018, 02:13:21 PM
Hallo Naas, ek sien jou, een twee drie blok vir Naas.  Hoekom is jy so stil matertjie?

Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Naas on October 19, 2018, 09:02:12 PM
Julle ken my al langer as vyftien jaar. Julle behoort darem teen die tyd te weet dat ek niks sê as ek niks te sê het nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Naas on October 19, 2018, 09:19:16 PM
Ons ken mekaar al lank.
Ondervinding op Woes en ander plekke het my geleer om sekere onderwerpe te vermy omdat ek anders dink as ander en woorde wat verkeerd op die oor val maak seer waar salf nie help nie.
Uit die aard van my bydraes is daar ook ander onderwerpe wat my laat verkies om stil te bly omdat ek nie ander vriende wil affronteer nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2018, 06:35:56 AM
Ek sit met my hande op my skoot. My bors trek toe sonder skeet. Weet nie wat om te antwoord nie geliefde mater van ons - ek kan my nie ons forum indink sonder jou nie maar het grootste respek vir jou sieninge en besluite wat jy neem glo ek was nie oorhaastig of op die ingewing nie.  :dontknow: :crybaby2: :love7:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Naas on October 20, 2018, 07:18:25 AM
Ek is nog hier rond. Ek lees nog saam met die vreemde hordes en ek sal nog deelneem maar op die stadium het ek niks sinvols om by te dra nie.
Ons is al deur hierdie geveg op die forum. Aanvaar en respekteer asb as ek niks het om te sê nie. Moenie my probeer dwing om deel te neem nie dan is my deelname nie spontaan nie en dis nie ek daai nie.
Lief julle stukkend.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 20, 2018, 10:45:10 AM
Goed so.  Ons was maar net bekommerd oor jou.   :crybaby2:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Naas on October 20, 2018, 01:46:35 PM
Dankie  :icon_flower:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on October 24, 2018, 12:03:48 PM
Nou is almal soek.  :crybaby2:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anastasia on November 01, 2018, 09:01:17 PM
Ek het dalk iets gemis?  Of soms is ek die oorsaak van so gevoelentheid en dan weet ek nie eens nie?  Hoe ookal sy, respek Naas. 
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Naas on November 01, 2018, 10:57:11 PM
Lief jou Noorderliggie. Net my eie Demone wat my mond snoer. 
Die forum is lekker besig en ek lief die Lees.
Dink aan my. Ek moet 24 November seremonimonster wees by n dig-aand in my vorige skool se saal.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2018, 12:01:14 AM
Amper spring ek deur die pandok se dak toe ek jou naam raaklees Naas. Sooooooo lekker om te weet jy lees nog saam  :love7: :hello2:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on November 05, 2018, 09:47:01 AM
Ek is bly om te sien julle is nog hier rond.  Dit maak my altyd bekommerd as julle so lank stil is.   :love7:
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Anastasia on November 08, 2018, 03:20:36 PM
Lekker wil ek weer met woorde speel.  As dit 'n dig-aand is beteken dit seker daar gaan baie mense wees, Naas?  Of dalk hoef jy jou juis nie dan te goed voorgebrei nie, want die klomp daar gaan maar 'dig' wees.  Hoe dit ookal sy, jy is uitgeknip mos vir die job. 
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: Meraai vannie Baai on November 08, 2018, 03:34:43 PM
Wat 'n wonderlike verrassing om jou weer raak te lees matertjie! Warm welkom terug en sebliefie laat daardie kostelike rymtalent van jou weer vrylik los. Ek MIS dit!
Title: Re: 'n Boete vir Naas en Anastasia
Post by: PM on November 08, 2018, 03:49:14 PM
Ek is dankbaar dat jy weer kom inloer het matertjie.  Welkom, welkom.  (Ek spring op en af en waai die arms.)