Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Hoof se kantoor => Topic started by: PM on September 20, 2018, 05:00:05 PM

Title: Die hoof roep almal na die kantoor.
Post by: PM on September 20, 2018, 05:00:05 PM
Nou sit julle hier.  Ek het julle ingeroep om aan julle mee te deel dat al die sandputte uitgewas en skoon gemaak is.  Julle kan nou weer lekker speel. 
Ek sien hier is huiswerk uitgedeel en dit is nog nie klaar nie.  Naas?  Het ek iets gemis?   :icon_biggrin:
As een van julle iets op die hart het wil ek graag hoor.  (Nee nie jy nie Anastasia, ek weet jy is met siekverlof.)   :toothy4:


Help julle ouens, julle weet ek kan dit nie alleen doen nie.   :pottytrain2:

Ag askuus, alweer die verkeerde een!   :bootyshake:    :sign10:
Title: Re: Die hoof roep almal na die kantoor.
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 05:00:31 AM
Ons probeer mater, maar soms voel dit my dit is makliker om 'n okkerneut te probeer oopskiet met 'n watergeweer as om gedurig nuwe plasings in die forum die lig te laat sien wat 'leeswaardig' is :headbang: Elkeen het maar sy eie belangstelling. Dit is vir my verblydend om te sien hoe die onderskeie onderwerpe nog ons lesers trek.  As ek so half kranklik my dag aanpak steun ek erg onheilig op die humorkrukke.

Sien jy se daar is huiswerk? Het ek iets gemis?
Title: Re: Die hoof roep almal na die kantoor.
Post by: PM on September 21, 2018, 11:41:23 AM
Het jy nie vir Naas huiswerk gegee nie?  Was daar nie iets van "jou straf sal 'n versie wees" nie? 

Ek verstaan hoe moeilik dit is, maar hier is werklik nuwe lewe en ek prober ook my bes om almal weer gaande te kry.  Wat van boek 3?
Title: Re: Die hoof roep almal na die kantoor.
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 11:42:27 AM
Het ons genoeg stof vir boek 3? Ek is altyd 'game'.
Title: Re: Die hoof roep almal na die kantoor.
Post by: PM on September 21, 2018, 11:49:33 AM
Nog nie genoeg nie, maar die ouens kan begin werk daaraan.