Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Kampstories => Topic started by: Anton Louw on September 19, 2018, 08:07:05 AM

Title: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 19, 2018, 08:07:05 AM
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Marakele%20Sept%202018%20Segekok%20dag%201%262.jpg)
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2018, 10:21:31 AM
Trippel WOW's!!! Ek kom terug, en gaan Outop saamsleep vir hierdie oogfees. Anton jy is 'n doring kampmater!
:hello2: :notworthy: :icon_salut: :toothy4:
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: PM on September 19, 2018, 01:18:35 PM
Baie dankie vir die toer Anton.  Eerstens wil ek jou komplimenteer met die mooi Afrikaans en keurige spelling.  (As my gatseggies nou gewerk het, het ek die buiging gedoen.)

Ons was 'n paar keer daar, maar dit was ernstig droog en ons het geen diere gesien nie.  Dus was ek baie verbaas toe ek die mooi foto's sien wat jy geplaas het.  Ons sal beslis weer gaan.

As jy van Brits af kom, plus minus 110 kilometer, kry jy Koedoeskop.  Van die hoofpad af sien jy net Obaro, en 'n paar klein winkeltjies. Volgende keer stop jy by daardie vulstasie om brandstof in te neem.  Dit is heelwat goedkoper.  By Obaro kan die ouens wat diesel gebruik vir 'n rand minder diesel inneem. 

Net daar is die afdraai na Bela Bela waar julle  indraai om vir my en Hannes te kom kuier.  10 Kilometer verder is Leeupoort Vakansiedorp.  Ons verwelkom altyd besoekers. 

Ek hoop jy het nog foto's.  Hoe lank kamp julle daar?
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 19, 2018, 01:56:38 PM
Ag ek is bly julle geniet dit.  :hello2: 
Ek moet net noem dat alhoewel ek die stuk inmekaar gesit het, die foto's en bewoording van Deon Geyser is (Seg - ek - ook) wie laas week by Marakele gekamp het.   Ek wag nog vir dag 3 en 4 om die 2de gedeelte te doen.
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anastasia on September 19, 2018, 08:40:16 PM
My dogter is in 2005 daar getroud.  Mooi plek
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Elizabeth Kungl on September 20, 2018, 06:55:25 AM
Wow Anton, dit is pragtig.  :bootyshake: Ek reël toere na Marakele en gaan dus baie soontoe.
EK
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 20, 2018, 07:07:56 AM
Watse toere?  Waar? Hoe werk dit?    :icon_bigsmurf:
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 20, 2018, 06:05:01 PM
DAG 3 & 4  Vervolg ...
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Marakele%20Sept%202018%20Segekok%20dag%203%264.jpg)
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 05:03:24 AM
Weereens heerlik saamgetoer. Lig die hoed en knak my knieg.
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 21, 2018, 07:52:09 AM
(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Marakele%20Sept%202018%20Segekok%20dag%205.jpg)
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: PM on September 21, 2018, 11:32:26 AM
Ag man, jy is 'n ou staatmaker.  Dankie vir die pragtige inligting en foto's.  Ek sal nooit weer my neus optrek vir Marakele nie.  (Lag)
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Anton Louw on September 22, 2018, 06:29:44 AM

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Marakele%20Sept%202018%20Segekok%20dag%206%2C7%268%20rev.jpg)
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: PM on September 22, 2018, 12:44:38 PM
Dis naweek in Leeupoort.  Langnaweek.  Dit is 'n wonder dat ek 'n plekkie op die internet kon losslaan, al vat dit 'n ewigheid om 'n plasing te doen.
Dankie vir die les.   :icon_biggrin:   Die volstruisles.  Jy weet mos wat is 'n volstruismannetjie.  'n Volstrond, en 'n wyvietjie?  'n Volmaak!   :icon_biggrin:


Die vlakvarktanne is beslis die grootste wat ek nog aan 'n vark gesien het.  Maggies, dit is isdrukwekkend.


Ek is so jammer dat julle toer nou op 'n einde is.  Ek het die inligting en die foto's geweldig baie geniet en waardeer jou inset.  Baie dankie Anton.   :notworthy:
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2018, 06:41:44 AM
Jou opmerking oor die volstruise het my weer 'n sinkplaatgiggel gegee PM  :headbang: :angel4:
Title: Re: Marakele en Segekok
Post by: PM on September 23, 2018, 11:22:55 AM
Al die foto's is so mooi Raaitjie.  Marakele is net so 100 km van ons af.  Ons was al 'n paar keer daar, maar ons het niks gesien nie.  Dit lyk my die inding is om daar te gaan kamp en 'n paar dae daar te spandeer.  Ons sal beslis 'n plan maak.