Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Tradisionele geregte => Topic started by: PM on September 11, 2018, 02:59:02 PM

Title: Tong in die kies tong.
Post by: PM on September 11, 2018, 02:59:02 PM
Kry ek laas naweek gaste met 'n seuntjie van so 5 jaar oud.  Vertel die knapie vir my mos, hy eet nie tong nie.  Ag man, ek kook nie tong nie, ek maak kabouterskoene.   :angel12:   Nee, hy sit nie sy mond daaraan nie.  Trek die neus op 'n knop! 


Nou bly daar heelwat tong oor en ek besluit om dit bietjie "weg te steek".  Kap uie en braai dit met al wat 'n groente is wat ek in die yskas het.  Pepers, wortels, seldery, aartappels, sampioene sjenese kool en wie weet wat nog.  (Alles in blokkies gekap)
Sny die kabouterskoenskuiwe ook in blokkies en voeg dit daarby.  Nou kan jy speserye byvoeg. Gooi genoeg water in en laat kook tot sag.  Maak 'n pakkie osstertsop aan met 'n bietjie water en voeg dit by.  Kook 'n bietjie en proe vir sout en peper en voeg by indien nodig.


Bedien dit met pap, ja lekker boerepap. 


Hierdie tong was so murgsag en kleinding het nog 'n skeppie gevra. 
Jy sukkel nie met 'n oumens nie.   :angel12:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2018, 11:36:07 PM
Stem saam, jy sukkel nie met 'n oumens nie  :toothy4: dit klink heerlik PM!
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Anton Louw on September 12, 2018, 05:47:28 AM
Ek hou nie van tong nie  :wave:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Naas on September 30, 2021, 07:13:43 AM
Anton dit hang af aan wie se tong ek kou...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Assie on September 30, 2021, 07:22:03 AM
Oom Naas!!! Hopelik Ta Elmarie se tong.
Oupa se as die kok 'n skerp bek het is haar tong taai en 'n tong wat nie stil le nie kou nie lekker nie.
Verlang ek nou weer na die dominietjie met sy gewyde tong. Maar dit smaak my die hele gemeente hang aan daai tong. Selfs die diakens raak in vervoering oor daai ttong en sy streke.

 :mumum:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Assie on September 30, 2021, 07:25:18 AM
Ek vertel nou vir Oupa van die tong storie. Hy se 9 uit tien mans hou van tong. Die ander een hou van die ander nege mans.

 :mumum:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Antjie Patat on September 30, 2021, 08:05:15 AM
Assie hahahahahahahahahahahaha
Ek love jou sê goeters.

Ek love beestong.... murg sawwe gekook, man...
Maar ek verdra nie vrugte wat gekook word daarmee nie, maak soos PM se seuntjie-storie, trek my neus op so knop, dit gaan in spasma in.

Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: Naas on September 30, 2021, 08:38:57 AM
Jip Antjie, ek en Assie praat maar so tong innie kies. Dis 'n familie ding. Van die familie is as gevolg van die tong innie kies ding.

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tong in die kies tong.
Post by: PM on October 08, 2021, 01:14:16 PM
Die kuiergas het mos vir die plaastannie gesê hy eet niks wat uit 'n dier se bek kom nie, toe seg die ou oom:  Vrou, bak vir die man 'n eier.   :angel12: