Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 31, 2018, 02:45:13 AM

Title: Tyd?
Post by: Naas on August 31, 2018, 02:45:13 AM
Eergister gebore, gister getroud, vandag besig, more as.
My drie weke fakhansie het 'n halfuur terug begin en more is die laaste Vrydag.
Ek verstaan dit net nie. Deur die kwartaal vat dit maande om 'n week klaar te maak maar wanneer jy fakhansie het vlieg die tyd in 'n jet. Om die tyd te probeer rek het ek slaaploosheid probeer maar raai net waar gaan draai daai verveligheid? Natuurlik by die werk.
On alles te kroon kan ek nie eers uitsien na aftrede nie. My finansiele adviseer het my net laas week geadviseer dat ek op hierdie stadium ten minste vier jaar, dertien maande en sewe honderd dae na my dood nog sal moet werk om al my skuld af te werk.
Kan jy dit oorvertel aan mense wat jy nie ken nie.
Ek borsvoed sommer 'n paar wees krokkedilletjies.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tyd?
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2018, 02:46:54 AM
Simpatie mater. Dit is 'n  :pottytrain5: situasie sniksniksnik.
Title: Re: Tyd?
Post by: Anton Louw on August 31, 2018, 04:20:29 PM
In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien!
Title: Re: Tyd?
Post by: PM on September 20, 2021, 11:44:26 PM
Nou is jy permanent met fak-ansie.  Is jy nou tevrede?   :occasion14: