Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: Anastasia on August 10, 2018, 07:14:15 AM

Title: Smelt-innie-mond koekies
Post by: Anastasia on August 10, 2018, 07:14:15 AM
Ek is altyd mal oor die smelt-innie-mond koekies wat mens by koffiewinkels in jou piering kry.  Ek deel graag hierdie maklike resep vir perfekte smelt-innie-mond koekies.  Wat ek van die resep hou, is dat dit geen snaakse bestandele bevat nie.  Ek kan so moedeloos raak as ek vol entoesiasme 'n resep soek om iets te prakseer, net om te vind van die bestandele is nie in my kas nie.

Ek hou van die variasies, en meeste daarvan het ek al gemaak.

WENK.  Nadat jy dit in 'n lang wors gerol, vir 'n uur in die yskas in plastiek bedek laat staan het, en dit nou moet sny in koekie dik skywe, GEBRUIK TANDEVLOS om daardeur te sny!  Dit sny perfek en sonder om aan die mes te kleef.  Ek sny gewoonlik alle deeg van my so, ook bv as ek roley poley maak of kaneelbroodjies

http://www.foodtolove.com.au/recipes/butter-biscuits-14840
Title: Re: Smelt-innie-mond koekies
Post by: Meraai vannie Baai on August 10, 2018, 08:43:02 AM
Dit klink heerlik EN maklik. My soort resep  :toothy4:
Title: Re: Smelt-innie-mond koekies
Post by: Anastasia on August 10, 2018, 08:47:19 AM
My twee 'worsies' staan gereed in die yskas vanoggend.  Ek gooi die deeg sommer so in twee jiffy sakkies, en rol dit so op in 'n wors in die sakkie.  As ek dit uithaal, neem ek tandevlos en 'sny' dit so van bo tot onder deur.  Dit sny perfekte skywe sonder die gemors dat dit aan die mes kleef.  En is rerig smelt in die mond.  Wat ek ook van dit hou, is dat dit geen bakpoeier bevat nie.  Dus, geen sooibrand nie!
Title: Re: Smelt-innie-mond koekies
Post by: Meraai vannie Baai on August 10, 2018, 11:47:20 AM
Gaan hom beslis probeer. Dankie baie baie vir deel!
Title: Re: Smelt-innie-mond koekies
Post by: PM on August 13, 2018, 02:54:33 PM
Dankie vir die goeie wenk met die tannevlos en ook natuurluk vir die resep.