Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 02:52:54 AM

Title: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 02:52:54 AM
Definisie van stres:

Stres is die verstandelike en liggaamlike reaksie op enige druk wat jou normale vreedsame toestand versteur.

Jou brein omskep gedagtes in 'n fisiese realiteit via die elektriese impulse in jou senuwees en spesifieke biochemikalieë.  Stres is 'n globale term vir uiterste druk op jou liggaam en sy orgaanstelsels as gevolg van angs/vrees/onsekerheid/onstellende emosies ens.

Vrees is die wortel van stres wat meer as 1400 bekende skadelike fisiese en chemiese reaksies veroorsaak in jou liggaam en aktiveer meer as 30 verskillende hormone en neurotransmitters.  Dit is dus glad nie verbasend dat hierdie reaksies 'n ongelooflike nadelige uitwerking op jou liggaam het nie.

Daar is drie stadiums van stres.

Die eerste fase is jou liggaam se alarmstelsel.

Hierdie fase is dan ook die veg of vlug stadium. Dit is 'n natuurlike reaksie wat deur jou hipotalamus, pituïtêre klier, simpatiese senuweestelsel en adrenale kliere veroorsaak word. Jou hart klop sterker om die bloedvloei te verhoog wat die glukose/energie en suurstof vervoer na jou brein en spiere.

Dit is die tydelike stres wat jy byvoorbeeld ondervind wanneer jy voor 'n gehoor moet opstaan ​​en 'n toespraak lewer of wanneer jy skielik moet reageer terwyl jy bestuur om 'n ongeluk te vermy. Dit is dan wanneer jou hartklop se ritme verhoog en jou palms sweterig word.

Ons liggaam reageer spontaan en die volgende funksies vind plaas:

*Die lewer verhoog die vlakke van glukose (suiker) en vette in jou bloedstroom (verhoogde energie benodig deur die brein, hart en spiere.)

*Die milt (wat 'n stoorreservoir vir bloed is) trek saam om bloedtoevloei te verhoog.

*Die tempo van asemhaling verhoog en jou trachea (windpyp) word wyer sodat jy kan meer lug kan inasem sodat daar meer suurstof beskikbaar is vir jou brein, hart en spiere.

*Bloed word van jou vel en spysverteringstelsel weggestuur na die brein, hart en spiere.

* Daar is 'n afname in die produksie van speeksel, maag ensieme en peristalse (beweging van jou maag en ingewande wat jou kos help verteer). Dit is omdat die spysverteringstelsel nie benodig word in 'n gevaarsituasie nie - daar is nie tyd om te eet as jy moet vlug nie!

* Chemikalieë wat vrygestel word tydens fase 1 van stres help jou om meer intens te kan konsentreer en geheue te verbeter. Jy is op die oomblik in hierdie fase omdat jy besig is om te konsentreer terwyl jy lees  :icon_biggrin:

Die hormoon CRF (vrystelling van kortikotropien) word in klein hoeveelhede vrygestel deur jou hipotalamus. Om dit makliker te maak, gaan ons CRF die geel hormoon noem.

Die geel chemikalie stimuleer weer die pituïtêre klier in die brein om 'n klein hoeveelheid chemikalieë vry te laat naamlik ACTH  (Adrenokortikotropiese hormoon) wat ons die rooi hormoon gaan noem.

Die rooi hormoon hou jou waaksaam en stimuleer die adrenale kliere (bo-op die niere) wat weer hormone nl. kortisol en adrenalien vrylaat. Hierdie hormone is almal goed in klein hoeveelhede om jou waaksaam en gefokus te hou.

En so kom die proses in jou liggaam tot 'n einde en verkeer jy weer in 'n vreedsame toestand. Sodra jy weer blootgestel word aan stresvolle situasie of terugdink aan wat gebeur het, begin die proses weer waar meer geel en rooi hormone geproduseer word. Dit is 'n positiewe siklus wanneer daar slegs kort tydperke van hierdie chemikalieë herproduseer word.

Daar is nog ander chemikalieë betrokke in die proses maar die geel en rooi hormone is vir nou die belangrikste.





Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 02:54:15 AM
Fase 2 van stres:

Dit is waar jou liggaam al te lank in stadium 1 verkeer het en jy van waaksaamheid in 'n gedurige angstigheid verkeer.  Dit is wanneer stres begin om skadelik te raak vir jou liggaam. Wat ons ook nie besef nie is dat menslike emosies soos onvergewensgesindheid en verbittering, haat en nog soveel ander 'giftige' emosies ook skadelike stres meebring!
 
Die hipotalamus reageer deur te veel van die geel hormoon af te skei.  In oormatige hoeveelhede verander die chemiese struktuur van die geel hormoon! Dit verander van 'n goeie hormoon wat geheue verbeter, na 'n swart hormoon wat die mediese veld die chemie van negatiewe verwagting noem. 

Die swart hormoon stimuleer dan die pituïtêre klier om die rooi hormoon in groot hoeveelhede vry te laat.
Die rooi hormoon in groot hoeveelhede word in die mediese veld die vreeshormoon genoem.  Dit is vrees in fisiese
vorm! Wanneer die adrenalien en kortisol terugkeer na die hipotalamus om die boodskap oor te dra dat die produsering van die geel en rooi hormone gestop moet word, is die boodskap verdring deur die oormatige hoeveelhede van die geel en rooi hormone.

Nou onstaan die situasie waar daar te veel geel (nou swart) hormone, rooi hormone, adrenalien en kortisol is wat chaoties deur jou hele liggaam vloei. Dit is stadium 2 van stres. Hierdie streshormone in groot hoeveelhede is ongesond en aftakelend oor tyd. Hulle is nie veronderstel om voortdurend te vloei nie maar slegs in kort uitbarstings. Inderdaad 'n bose kringloop.

Wanneer daar hoë vlakke van kortisol oor jou brein vloei, veroorsaak dit dat die tydelike 'vertakkinge' van geheue op jou senuwese krimp sodat jy nie meer toegang tot daardie herinneringe het nie.  Dit is wat gebeur wanneer  jy tydens 'n eksamen uit 'blank' en skielik niks kan onthou nie.  Sodra jy uitstap en kalmeer verminder die kortisolvlakke weer en jy kan die inligting herwin.

Kortstondige bloostelling aan stres is gesonder as konstante daaglikse stres wat jou liggaam aftakel en jou blootstel aan fisiese en geestelike siekte toestande.

'n Liggaamlike reaksie wat bedoel was om jou te help in 'n noodsituasie, is nou geaktiveer deur kroniese stres en tas jou gesondheid aan. Jy begin fisies ongesteld raak, voel angstig, gespanne, gefrustreerd en oorweldig. Jou immunestelsel is verlaag en jy raak maklik siek :crybaby2:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 02:55:53 AM
Derde fase van stres:
As jy vir lang tye in fase 2 verkeer, volg die derde stadium van stres. Dit is kroniese stres wat ook die uitputtingsfase genoem word waar jou orgaanstelsels begin om af te breek en ernstige siektes kop begin uitsteek.

• Die hele stresstelsel se siklus hou nooit op nie.

• Die adrenale kliere op die niere word vergroot.

• Alle organe is te lank blootgestel aan giftige stowwe, jy ontspan nie en word totaal uitgeput.

• Orgaan- en stelselafbrekings vind plaas.

• Geheue en alle verstandelike funksies verminder.

• Jy voel baie siek.

• Gevoel van beheer verloor en mislukking.

• Verstandelik voel jy 'uitgebrand' en oorlaaide emosies.

• Weefselskade vind plaas.

• Veranderinge vind plaas op sellulêre vlak.

Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 03:00:38 AM
Wat gebeur op hierdie stadium in jou liggaam?

Daar is spesiale reseptore op die oppervlaktes van die selle in jou liggaam wat op die chemikalieë in jou bloedstroom reageer.  Jy het honderde verskillende chemikalieë wat deur jou liggaam vloei (bv. steroïede, peptiede, hormone) wat 'n afskrif het van die geheue wat in jou gedagtes gevorm word, sowel as emosies - hulle staan ​​bekend as inligting-emosiemolekules.

Die reseptore het 'n baie spesifieke vorm wat pas by 'n spesifieke chemiese middel, net soos 'n sleutel in 'n slot pas. Eenvoudig gestel: 'n vierkantige reseptor sal byvoorbeeld nie in 'n ovaalvormige chemiese middel inpas nie.

Wanneer 'n chemiese verbinding aan die reseptor op die oppervlak van 'n sel verbind, stimuleer dit byvoorbeeld 'n spesifieke reaksie soos metabolisme of selgroei. Daar is duisende verskillende reseptore op die oppervlak van 'n sel wat verbind aan die verskillende chemikalieë en hormone in die bloedstroom om 'n reaksie binne die sel te stimuleer.

Hoe vind 'n chemikalie die spesifieke reseptor waarin dit sal pas uit die duisende verskillende reseptore op die oppervlak van 'n sel?

Die chemikalieë vibreer terwyl hulle oor die oppervlak van die liggaamselle beweeg en die reseptor waarby dit sal inpas, sal 'n ooreenstemmende vibrasie hê - dit word na verwys as jou liggaam se musiek omdat vibrasies basies klankgolwe is.

Behalwe die 'goeie' chemikalieë wat in ons bloedstroom vloei, het ons ook slegte stowwe, bv. kankerselle, bakterieë of griepvirusse ens. As jy nie fisies oorlaai is weens stres nie, sal die kankersel of griepvirus probeer om in die sel te kom, maar sal nie in staat wees nie, want dit pas nie in die reseptor nie - dit is soos om die verkeerde sleutel in 'n slot te probeer.

Uiteindelik sal jou immuunstelsel 'killer cells' uitstuur wat die kankerselle of griepvirus sal doodmaak.

Maar as jy in fase 2 van stres beweeg, sal die hoë vlakke van streshormone hierdie reseptore soos battery suur benadeel. Dus, wat ook al verbyvloei, kan die sel binnedring. So ontvang die sel goed en sleg, onder andere skadelike dinge soos kankerselle, bakterieë en virusse wat in die beskadige reseptor sal inpas.
  :crybaby2:

Dit is dus vir ons belangrik om stresvolle situasie te verwerk. Ongelukkig is dit nie moontlik om stres te vermy in ons samelewing nie maar dit is so belangrik om gereeld te ontspan, vreugde te vind om ons en vrede te maak waar onmin, haat, verbittering onnodige stres meebring. Lag en wees vrolik.

Spreuke 17:22 “’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.”

Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 24, 2018, 03:27:17 AM
Ek wil die onderwerp afsluit met die volgende stelling uit haar boek:

Science has told me that for every thought that you have either conscious or unconscious there is a
corresponding nerve signal, hormone, neurotransmitter or chemical released. If you are not thinking correctly
because fear, anxiety and stress is dominating your thought life, your body is going to be put into
a state of dis-ease. One unresolved issue that is robbing you of your peace can affect your entire body.

The brain and nervous system, heart and blood vessels, immune system, digestive system, urinary system,
muscles, bones, connective tissue, the endocrine system (hormones) etc are all put into dis-ease. If that
dis-ease is not dealt with, then your body will stay in dis-ease which will eventually become a disease.


BRON: Dr M.K. Strydom (ek het haar inligting vertaal in Afrikaans).
 
In haar boek wat gratis beskikbaar is, vergelyk sy haar mediese opleiding, kennis en agtergrond met die Bybelse riglyne. Haar uiteensettinge is in leke taal geskep wat die lees en verstaan vergemaklik vir ons wat nie professioneel verbonde is aan mediese beroepe ens.

 :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2018, 12:52:58 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/stress%20to%20do%20list.jpg)
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 30, 2018, 05:17:48 AM
Vanoggend wou ek gaan loer na die skade wat die ryp aan my grenadella plant gedoen het. Aan dieselfde tak het twee blare gehang. Een na bo (verlep) en die ander (groen) na onder waar daar meer beskutting was teen die ryp. Vir my was die lewensles dat dit 'n blote genade gawe is om beskutting te vind in die aanpasbaarheid van aanvaarding in die lewe se rypseisoene - veral wanneer jy jou in 'n oorlog teen kroniese toestande bevind.

Om vrede te maak en aanvaar is deel van jou innerlike wapens in die oorlewings-stryd voordat oormatige, volgehoue stres 'n galg van 'tou-op-gooi' word.

Onsekerheid of dit nou lente- of winterseisoen is in jou vordering/agteruitgang, vreet van buite na binne. Die angstige soektog na antwoorde op al die hoekoms verdor vrede en vreugde langsamerhand en is gif vir jou hele gestel. Die kringloop van nuwe toetse en die stresvolle gewag vir uitslae vir die kroniese pasiënt, lê soos ryp op jou menswees en verlep hoop stelselmatig.

Ons besef dit nie altyd nie maar selfs net herinneringe aan die stresvolle tye tydens toetse is ewe giftig en soms laat die kleinste snellerpunt (trigger points) jou hierdie gebeure weer intens herleef.  Elke keer as Outop en ek op 'n pad ry wat weerskante omring is met bome voel dit of my hart in my keel klop en begin bokspring - kompleet of ek eksamen gaan skryf en nie 'n boek oopgemaak het nie!

Hoekom?

Ons het tussen 'n laning bome deurgery toe ek vir die eerste reeks toetse moes gaan waartydens die asemdief gediagnoseer was. Hierdie onthou van daardie tydperk 6 jaar gelede in my lewe is elke keer net so angsvol asof ek fisies weer oppad is vir nog 'n reeks toetse. Ek besef ook dat aanpasbaarheid beteken dat ek moet vrede maak met die impak wat hierdie 'trigger points' op my lewe gaan hê in die toekoms. Dit is slegs 'n menslike reaksie.

Dit skep 'n valse verwagting om 24/7 sterk en blymoedig te probeer wees midde die draai van seisoene in ons lewe - dit is nie altyd die sterkste wat oorleef nie maar soms wel die mees aanpasbaarste...

Nog 'n kruk in my lewe: "if you can't beat them - cheat them! Vat 'n ompad en vermy die kortpad - onthou die wolf!"

Sela!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ryp%20foto%20b.jpg)
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: PM on July 30, 2018, 01:20:07 PM
Ek kan nooit genoeg dankie sê vir die pragtige bydraes waaraan jy soveel onbaatsugtige tyd spandeer om met ons te deel nie Raaitjie.  Jy kan maar net kyk na die hoeveelheid "klikkies" jy kry om te weet ek is nie die enigste een wat dit waardeer nie. 
(By "klikkies" bedoel ek "gelees en geskinder".)
Iets wat interessant is wat hier genoem word, is die potensiaal wat die liggaam het om homself te beskerm teen "indringers" as dit nie onder stress verkeer nie. 
Nadat Hannes uit die hospitaal gekom het, het ek 'n griep gehad wat die aarde se pilare geskud het.  Gelukkig het ek dit amper onder die knie, my van is mos nie verniet Van Halsdingen nie! 
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on July 31, 2018, 11:40:27 PM
So jammer om te hoor van jou griep. Ek het soveel simpatie met wat alles deur jou gedagtes gaan as Hannes siek word. Die vrees en angs wat net verstaan sal word as jy self deur die meule van ernstige siektetoestand van 'n geliefde gewroeg het. Drukkie hoor! Hoop jy gaan gou beter word en weer jouself wees.  Ongelukkig is stres 'n onsigbare vyand. Dit takel ons weerstand af en walla, hoes en proes jou voorland en soms baie meer knie-knak kwale en skete.



 
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Anastasia on August 01, 2018, 07:11:56 AM
Dankie vir al hierdie interessante feite!  Ek kan dit beaam.  My liggaam is in die swak fisiese toestand, geheel en al te wyte aan baie stres oor 'n lang periode in my lewe.  Dit saai verwoesting hoor.  Maar op 'n veel ligter trant:  wat is die verskil tussing spanning en stres?  Spanning is wanneer jou vrou jou vertel dat sy swanger is.  Stres skop in wanneer jou skelmpie jou vertel dat sy swanger is!   :binkybaby: :binkybaby:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Naas on August 01, 2018, 08:30:16 AM
My skelmpie het my gelos toe sy hoor ek is getroud....



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on August 01, 2018, 10:53:20 AM
En hier het my geliefde maters sommer vir ons die doepa teen stres/spanning gratis tussen hulle lyne kom los  - lag en wees vrolik is DIE beste medisyne. 'n Drukkie en pleisters vir elkeen se einas is my dankie 'geskenk' vir julle omgee.

 :hello2: :notworthy: :love7:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Anastasia on August 01, 2018, 11:01:36 AM
Ha ha, Naas.  Lyk my jou vrou het 'n goeie job gedoen om jou eindelik te oortuig van daardie saak!  Ja, Meraai, lekker lag is die beste doepa teen die lewe se stampe en stote
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Naas on August 01, 2018, 12:05:03 PM
My pa het vas geglo aan seks binne die huwelik. Hy hou vol dat ten minste een van die twee getroud moet wees.

My vrou se mos laas week vir my dat drank my baas is. Weet julle hoe lekker werk ek nou. Geen stress nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Anastasia on August 01, 2018, 10:22:47 PM
Ek het 'n lekker lang bank waarop jy kan kom le, dan doen ons berading. Kyk ons na al die moielike bedrading in die berading.  Maar ons sal moet beurte maak om op die bank te le - my koppie ook vol mense wat soms gelyk praat.  Dink soms dis 'n koortjie
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Naas on August 02, 2018, 12:18:09 AM
Dis hoeka hoekom ek so baie eet, om al daai mense te voer. En as hulle dors raak... Ek drink darem nou bietjie minder. Drie van hulle het by die AA aangesluit.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on August 02, 2018, 12:31:09 AM
My lagpil in vir die dag! Dankie Naas  :headbang: :`ip2:

Sou dit nie wonderlik wees as ons regtig bymekaar kon uitkom soos Anastasia voorgestel het en ons be(d)rading doen nie! Die voorreg om mekaar 'n drukkie te kon gee :icon_biggrin: Dink net aan al die gedeelde seer/spanninge/wroeginge/openhartige erkennings en en en... die geld wat ons sou spaar aan medikasie en doktersbesoeke!

Anastasia se opmerking het my diep getref: "My liggaam is in die swak fisiese toestand, geheel en al te wyte aan baie stres oor 'n lang periode in my lewe.  Dit saai verwoesting hoor."

Wil gou iets met julle deel.

Ek was hierdie week besig met navorsing (op aanvraag) oor die verband tussen o.a. die spanning van konflik en migraines. Soos gewoonlik is ek gefassineer oor hoe wonderlik ons liggame geskape is en was dit vir my 'n voorreg om te graaf en delf vir meer inligting. 

Die persoon het probleme met haar nek en spiere wat dan na enige fisiese inspanning 'n reeks migraines veroorsaak, soms tot drie, vier keer per week.

Medikasie bring verligting en is wel 'n tydelike oplossing maar die newe effekte veroorsaak ander gesondheidsprobleme wat ongelukkig weer ander medikasie benodig. Bose kringloop...

Uit haar verduidelking kon ons aflei dat die onstaan soms nie te wyte is aan die fisiese besering aan haar nek nie. In hierdie geval begin die waarskuwingsligte voor die tyd brand op 'n ander deel  ('n band wat styf strek om haar voorkop) en dan was dit gewoonlik na konflik. Veral oor ou onverwerkte situasies wat weer kop uitgesteek het. Hernude afkrap van ou rowe en elke keer groter letsels op die gees laat. Bose kringloop van spannings gepaard met migraines.

Daar is twee aspekte van migraine:

*Eerstens is daar 'n vermindering in 'n chemiese stof in jou brein nl. serotonien.

*Tweedens is daar 'n toename in die produksie van histamien.

Wat gebeur fisies met ons wanneer hierdie chemiese reaksies in die brein plaasvind?

Ons weet dat die hipotalamus die area in jou brein is wat die skakel vorm tussen ons verstand en liggaam. Dit is medies bewys deur talle nuwe navorsings dat alles wat deur ons gedagtes gaan, in 'n fisiese reaksie omskep word. Die manier waarop en waaraan ons dink, beïnvloed dus ons hele liggaam!

Die hipotalamus reageer spontaan wanneer ons byvoorbeeld angstig of negatief raak, deur die vlakke (hoeveelheid) van die  serotonien in die brein te verlaag. 
 
Wanneer die serotonienvlakke verlaag word, veroorsaak dit dat die hele sentrale gedeelte van jou brein (die diep-limbiese-stelsel) onsteek raak en dit lei tot die oor-afskeiding van histamien wat 'n chemikalieë is wat ontsteking veroorsaak!

Serotonien het verskeie funksies in die brein, waarvan een die normale deursnee (wydte) van die bloedvate beheer sodat hulle die korrekte hoeveelheid bloed aan elke area van die brein teen die regte druk kan verskaf.  Serotonien is 'n vasokonstriktor - met ander woorde hierdie chemikalieë verminder (krimp) die deursnee van ons bloedvate.

Kortliks verrig die medikasie wat ons neem om migraine te verlig,  die volgende funksies en daarom verdwyn jou hoofpyn:

• Verminder die histamienvlakke deur stadium 2 en 3 stresreaksie (wat byvoorbeeld deur vrese en angs veroorsaak word) te stop.

• Dit verhoog die serotonienvlakke (wat verminder word wanneer ons negatief oor onsself voel deur byvoorbeeld skuldgevoelens en veroordeling van ander. Herleef van seerkry in ons lewens en onvergifnis, is gif vir ons liggaam).

Serotonien is 'n gemoedschemikalieë (endorfiene) of te wel 'feel good hormone'. Hierdie hormoon is 'n neurotransmitter – ’n chemiese boodskapper in jou brein wat volgens wetenskaplikes vir ons gevoel van geluk/tevredenheid verantwoordelik is.

Navorsers glo hierdie natuurlike chemikalieë aktiveer dieselfde verbindings as wat pynstillers soos morfien doen.

“Oefening verhoog ’n hele paar gemoedschemikalieë, waaronder serotonien,” sê dr. Joseph Mercola, die skrywer van Effortless Healing. As jy nie fisies welgesteld is vir intenste oefeninge, kan joga dieselfde uitwerking hê as wat antidepressante het deur die neurotransmitters te beïnvloed,” volgens dr. Mercola.

'n Drukkie en omgee-gebare is medikasie opsigself: “Drukkies, soene, omhelsings en om hande vas te hou sal ook dieselfde uitwerking hê,” sê dr. Jenn Mann, ’n psigoterapeut. In hierdie omgee-gebare vind nog 'n wonderlike proses plaas: oksitosien - 'n chemikalieë wat ons gemoed opkikker word vrygestel.

Bronne: https://www.goeiehuishouding.co.za/8-maniere-om-jou-serotonienvlakke-te-verhoog-en-gelukkiger-te-voel/

 :toothy4: :icon_biggrin: :love7: :hello2:

https://www.goeiehuishouding.co.za/10-maniere-om-gelukkiger-oor-die-lewe-te-voel/?Upprev

As 'n gelukkige gemoed soos morfien en antidepressante kan werk, hoe keer ons dat die dinge wat ons ontstel en hartseer van vooraf veroorsaak, ons fisies siek maak weens chemiese reaksies in ons liggaam?

Dit is werklik belangrik dat ons die snellerpunte wat die rowe van ons innerlike seer weer afkrap en ons gemoed laat sweer, verwerk. Vir my was die snellerpunt 'n laning bome weerskante van die pad wat die angs en onsekerheid van wag op uitslae, weer laat manifisteer.

Angs en spanning is giftig en ons liggaam val homself aan as jy vasgevang word in 'n kroniese kringloop daarvan!

Ons mater Anastasia se woorde is dus 'n perfekte opsomming en in die kol:  "My liggaam is in die swak fisiese toestand, geheel en al te wyte aan baie stres oor 'n lang periode in my lewe.  Dit saai verwoesting hoor."








Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Anastasia on August 02, 2018, 10:39:03 AM
So waar en kosbare feite wat jy hier kom deel, Meraai.  Dankie ook vir die lekker binnegesprek wat ons vanoggend kon gehad het op ons facebook poskaartjies.  NAAS, jy het my nou so laat lag, ek was dankbaar dat ek nie koffie drink nie, anders was dit reg oor die skerm!  Dis die snaakste wat ek in 'n lang tyd gehoor het!  Eet om al die mense in jou kop te voer, en dat 3 gelukkig by AA aangesluit het.  Dis vrek snaaks! 
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: PM on August 02, 2018, 11:50:22 AM

 :icon_biggrin:   Ek het ongelukkig niemand wat in my kop raas nie.  Ek drink om my stress te verlaag, en het ek baie!   :icon_biggrin:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Meraai vannie Baai on August 03, 2018, 12:18:52 AM
Nou weet ek van vooraf hoekom die uwe dolverlief is op die saamkuier van ons forumkringetjie. Menige dae gespot met 'ek het my lagpil in vir die dag'. Met humor tel ons mekaar op uit die gate van die lewe en dra oor die steiltes.

Ek het vanoggend die nuutste inligting oor PH navorsing ontvang op die poskoets en weereens besef hoe belangrik optimisme vir ons emosionele welstand is.

Wil graag 'n klein gedeelte hier ook deel: Optimisme is die beste gratis 'doepa' vir emosionele welsyn. Navorsing het dit bewys in 'n studie om die rol van 'Lewenstevredenheid en Optimisme' te bepaal by pasiënte met PH.

Hierdie resultate dui daarop dat emosionele welstand van mense met PH, veral met betrekking tot die vlakke van angs en depressie, beter verduidelik kan word deur die pasiënt se lewensomstandighede in ag te neem en nie die erns van hul siekte alleen nie, aangesien dit die gevolge van pulmonale hipertensie kan reguleer/moduleer," het die navorsers bevind.

Hulle het beklemtoon dat "die hoër voorkoms in hierdie monster van klinies-betekenisvolle simptome van angs, in vergelyking met depressie, daarop dui dat gevoelens van vrees en onsekerheid spesiale aandag onder pasiënte met pulmonale hipertensie vereis."

Ek wil dus 'n drukkie kom los en 'n mandjie vol dankies aan ieder en elk vir elke keer wat julle my lewensomstandighede en optimisme opgekikker het met die humor tussen lyne.

 :love7: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: PM on August 03, 2018, 04:45:14 PM
Enige tyd sustertjie.  Jy het mos al gehoor: for you I de kille de bull, but for your sister I de kille de you!   :icon_scratch:   Daar is niks wat ons nie vir jou sal doen nie.   :bootyshake:
Title: Re: Hoekom is stres so nadelig vir ons gesondheid?
Post by: Anastasia on August 04, 2018, 06:17:22 AM
En ek kom steeds nie oor die stemme in Naas se kop wat hy moet voer nie.  En die drie wat by die AA aangesluit het!  Ek het dit tot met my facebook maters gedeel.  Sommige mense is aspris snaaks gebore!   :hello2: