Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on July 19, 2018, 10:41:02 AM

Title: My Lewenskarros
Post by: Naas on July 19, 2018, 10:41:02 AM
Tussen die blokkies van my lewenskaros
loop daar ‘n vriendskapsgaring.
Geweef deur omgee en patos
in die hande van my harstmense.

Knus word ek omvou
en in prag en praal gedos,
omvou en warm gehou
tussen die blokkies van my lewenskaros

Deur die fasette van my wese
trek daar ‘n goue draad.
Vasgevang in jare van vreug en vrese
loop daar ‘n vriendskapsgaring.

Geometriese vorms in aardse kleure
gelaslappie tot knus verborgenheid
dra ek my lewenskaros
geweef deur omgee en patos

Liefde as die naalde
trek met deernis omgeegaring
deur die laslappies van my wese
met die hande van my vriendekring.

In die hande van my vriendekring,
geweef deur omgee en patos
loop daar ‘n vriendskapsgaring
tussen die blokkies van my lewenskaros.

Truverse ©
Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2018, 11:37:46 AM
WOW! Dit wil gedoen word. Ek is sprakeloos.  :book1: :bootyshake: :notworthy:
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: PM on July 23, 2018, 10:52:40 AM
Jy is baie goed met die truverse Naas.  Dankie vir die deel, ek geniet elke lyntjie. 
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: Naas on September 30, 2021, 07:14:35 PM
Ek is deesdae stom in die asemlose gesondheid van my vriende.
PH, beroerte, Noorderliggie se driebeen lewensresies.
Dan staan ek weer kop omlaag by hierdie skrywe van jare terug.
En ek kan maar net my oe opslaan na die berge en smeek vir genade.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2021, 11:07:16 PM
Dit     is die lewe Naas maar ek kan jou een ding vertel - daardie vriendskapsgaring tussen die blokkies van jou lewenskaros hou my staande.
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: Naas on October 01, 2021, 02:49:34 AM
Die nar se snikkel Ta raaitjie...
Die nar se snikkel...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2021, 08:51:34 AM
 :crybaby2:  (((:icon_bigsmurf:))) Ek het wragtag vanaand nie woorde om te antwoord nie maar kan kuberdrukkies gee. My hart huil saam vir dit wat tussen ons lyne wegkruip agter dapper maskers en glimlaggies :icon_biggrin:.
Title: Re: My Lewenskarros
Post by: PM on October 15, 2021, 12:15:34 PM
As dit nou nie vir die lees en weerlees was nie, sou ek nie hierdie pragwerk weer gelees het nie.  Die lewe fliet net by ons verby in ons haas om by die wenpaal te kom.  Plaas ons soos ou skilpad, langs die pad 'n blaaskans vat, ons sal tog daar kom.  Die gejaag maak ons net soveel armer.