Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 02, 2018, 12:23:11 PM

Title: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: Meraai vannie Baai on June 02, 2018, 12:23:11 PM
Ek het hierdie gedeel vanuit 'n blad vir Afrikaners in Aussieland.

Al stry hy hoe, as jou drinkemaat die stortkop in sy arms neem en soebat om op te hou huil, was die ou getrek. Finish en klaar  :headbang:
Title: Re: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: Naas on June 02, 2018, 01:06:05 PM
My vrou het eers agtergekom ek is 'n alkoholis toe ek een aand nugter by die huis aan kom.
As jou klere in die oggend op die bed lĂȘ en jy hang oor die stoel is die kanse goed dat jy die vorige aand dalk 'n rooietjie te veel gehad het.

 :angel8:
Title: Re: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2018, 12:49:53 AM
Iewers is daar 'n geskrif van PM wat ek bewaar het waarin sy 'onthou' van 'n soortgelyke aand. Vermoed dit moet in die kroeg gebeur het  :icon_biggrin:
Title: Re: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: PM on October 02, 2018, 01:26:13 PM
Ek soek nou na die opsomming wat jy van Pieternella van die Kaap gedoen het, toe kom ek hierop af.  Die enigste kroeg wat ons besoek het  (in die Kaap) was by die proefontein.  Praat jy van die aand toe Naas soos 'n konsertina van die trappe afgekom het?  (lag)
Title: Re: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2018, 01:53:26 AM
Giggel ek darem nou wraggies lekker. Ek vermoed dit is die ene PM. Nou moet ek dit net opspoor lol.
Title: Re: Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?
Post by: PM on October 05, 2018, 02:25:29 PM
Ek verlang geweldig Kaap toe, na Naas toe, na Trappies toe, na al my maatjies wat so stil is toe.  Ons het wonderlike tye saam geniet toe Hannes daar aan die stadion gewerk het.  Manne, dit was heerlik verby!