Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on January 06, 2018, 12:04:57 PM

Title: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 06, 2018, 12:04:57 PM
Hier is 'n briefie van Bets Koen.  Help 'n bietjie daar!

Goeiedag,

Ek help uit met die saamstel van 'n staaltjie-bundel.
Word die staaltjies in die verledetyd vertel (geskryf)?

Dankie
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2018, 09:05:58 AM
As ek die woord 'staaltjie' hoor, besef 'n mens dadelik dat dit reeds gebeur het. As jy dit dus wil beskryf of oorvertel, sal dit dan ook in verlede tyd wees volgens my mening.
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 07, 2018, 09:18:48 AM
Dankie Raaitjie, ek was nie so seker daaroor nie, maar ek glo jy is reg.

Wanneer skryf ons ons eie staaltjies?
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: adele on January 08, 2018, 06:45:23 AM
More liewe julle
is staaltjies altyd lighartig en humoristies? dis wat by my opkom as ek die woord lees ....
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 08, 2018, 11:37:31 AM
Ek dink daar is 'n paar wat maar trane trek ook liefding.

Ek het vinnig hierdeur gekyk, dalk help dit.  https://staging.cnx.org/contents/8g10Fx6q@1/Skeppende-skryfwerk

Ons kan dalk 'n opsomming maak en self 'n paar staaltjies skryf.  Of hoe?
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: adele on January 08, 2018, 11:41:06 AM
laat ons so maak   :crybaby2:  of   :angel4:  of   :toothy4:   
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 08, 2018, 12:39:33 PM
Dankie Adele, ek gaan sommer nou begin.
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 08, 2018, 02:04:34 PM
Ek het my staaltjie net begin skryf toe ek besef dat ek dit al geplaas het. Beantwoord dit aan die vereistes?

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2059.msg12863#msg12863
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2018, 03:03:00 AM
Sooooo geniet dankie liefste mater. Ek hoop regtig egtig dat hierdie afdeling nog baie staaltjies gaan oplewer en groot leesgenot gaan verskaf!
Title: Re: Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?
Post by: PM on January 10, 2018, 01:44:12 PM
Ek hoop ook so Raaitjie.  Hier is baie staaltjies op die forum "versteek".  Die skrywers moet dit net kom opdiep.