Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Hoe werk die program? => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 11, 2017, 03:04:39 AM

Title: PhotoScape 18: Skep jou eie feeskaarte.
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2017, 03:04:39 AM
Ek raak kinderlik opgewonde oor die feesseisoen en tel baie opgewonde die dae af tot kersdag. Famietyd! Dit is dan ook die tyd waarin ons pandokkie uitgedos word in oordaad met al wat bekorend skitter of flikker. Outop moet my versigtig systap of hy word ook 'opgedollie'.

Gewoonlik neem ek 'n foto en span dan die program in om so bietjie te 'toor'. So het die foto gelyk wat ek as proefkonyn geneem het:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC05944.jpg)

Stap 1: Maak jou foto oop in photoScape en kliek op 'Editor' en dan 'Bright color' waar jy 'contrast' stel tot die agtergrond van jou foto meeste van die ligter dele uitskakel. Ek het nodig gehad om tot by 26% te gaan.

Stap 2: Stel nou beide die 'deepen' & 'darken' funksies totdat meeste van jou agtergrond swart word. Ek het 50% vir altwee gebruik.

Stap 3: Indien jy nie tevrede is met wat nog sigbaar is in jou agtergrond gebruik dan die volgende funksie by 'Tools' waar jy die 'clone function' kies. Kliek op enige van die donkerdele en vul die ligter dele wat nog sigbaar is ook in totdat jy 'n donker agtergrond in geheel het na wense.

Stap 4: Nou het dit tyd geraak dat jy die foto 'crop' indien nodig. Onthou om die foto te 'save' onder 'n ander naam as die oorspronklike voordat jy die volgende stap volg sodat jy die skrif daarop kan verander as jy bv. die dae aftel en dieselfde foto wil gebruik!

Stap 5: Hierna gebruik ons die "T" (text function) vanuit 'Object' blokkie. Kies 'n skrif en gepasde grootte. Speel bietjie rond met waar jy die boodskap gaan plaas.

Stap 6: By 'Home' kies jy 'Frame' en walla. Bewaar nou jou skepping met 'n titel sodat jy kan onderskei tussen oorspronklik/sonder skrif ens. Geluk! Jy het 'n persoonlike kaartjie vir familie/vriende geskep met die hulp van 'n gratis program.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Almost%20Christmas.jpg)



Title: Re: PhotoScape 18: Skep jou eie feeskaarte.
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2017, 03:09:01 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC05901.jpg)
Title: Re: PhotoScape 18: Skep jou eie feeskaarte.
Post by: Naas on December 11, 2017, 04:16:35 AM
Ek gaan beslis die program aflaai en gebruik.

Title: Re: PhotoScape 18: Skep jou eie feeskaarte.
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2017, 06:14:36 AM
Jy sal nie spyt wees nie Naas. Twee van ons kinders is grafiese ontwerpers en dus heel vaardig met photoshop wat ek persoonlik te ingewikkeld vind. Vir my eie gebruik vind ek photoScape 100% in die kol  :icon_biggrin: :icon_salut:
Title: Re: PhotoScape 18: Skep jou eie feeskaarte.
Post by: PM on December 11, 2017, 10:33:46 AM
Dit lyk nie so moeilik nie.