Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on December 09, 2017, 10:10:07 PM

Title: O Sneeuvlokkie!!!!
Post by: Naas on December 09, 2017, 10:10:07 PM
Die verkeer op die forum het tot stilstand gekom. Die led is nie meer gereeld aktief nie wat daar toe lei dat spontane kuier nie meer kan plaas vind nie.
Ek is nou al sedert verlede Woensdag op die forum om te sien of ek dalk weer bietjie kan kuier maar  vang myself dat ek later uit verveling in die asblik loop rondkrap het. Huidige onderwerpe lok ook nie juis kuier uit nie.
Kuier kan ook nie geforseer word nie...
Sal maar verder ronddwarrel soos 'n verdwaalde Sneeuvlokkie in die Suid-ooster...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: O Sneeuvlokkie!!!!
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2017, 11:40:39 PM
Klop klop.... hier's nog 'n verdwaalde sneeuvlokkie  :toothy4: :hello:
Title: Re: O Sneeuvlokkie!!!!
Post by: Naas on December 10, 2017, 05:19:56 AM
Hoe rasa! !!! Hier is lewe!!!  :headbang:

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: O Sneeuvlokkie!!!!
Post by: Meraai vannie Baai on December 10, 2017, 05:39:12 AM
Natuuuuuuurlik is hier lewe dierbare woordvrind. Ons moet net ekstra asempies saam ons sleep en die vlammetjies aan die lewe hou,  niemand anders gaan dit doen nie  :hello2: :love7: :icon_salut:
Title: Re: O Sneeuvlokkie!!!!
Post by: PM on January 16, 2018, 05:57:47 PM
O liewe tyd, toe gee jy op Naas!  Ons kuier al weer heerlik saam.  Jy kan gerus inspring en saam speel.  As jy ons soek, ons is in die sandput.   :bootyshake: