Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 07, 2017, 02:58:27 PM

Title: Drome
Post by: adele on July 07, 2017, 02:58:27 PM
Om jou rustige alleenlewe op te gee, verg durf en moed. Jy is selfsugtig met jou eie-ek-tyd. Treetjie vir treetjie moet jy uit jou gemaksone klim, besluite neem en daarby wil hou. Dit is net moontlik wanneer jy met liefde, in sy Liefde, wil leef! ‘Werklike liefde en geluk is net moontlik wanneer jy in my Liefde bly,’ hoor sy Hom in die wind fluister.

Drome

Jare lank al soek hy na haar
tot in hul lewensherfs
toe fyn lagplooitjies
reeds haar oë omraam.
Voordag vou mis oor die heuwels
tog gaan stap sy in die veld
soekend na blink doudruppels
wat aan kunstig spinnerak hang 
… skryf daarmee ‘n melodie,
herinneringe oor haar lewe
libretto die musiek.

Daardie mistige oggend
het hy haar net skrams gesien,
maar namiddag breek die son deur
tussen saggroen varings vang hy haar
… dra hulle arms vol lelies
na sy houthuis langs die vlei.
Saam ervaar hulle ‘n sonsondergang
vol beloftes in God se kleurpalet
en onder draperings van spinsel en sy
saam met engele wat glimlaggend toekyk
beloof hul lewenslank trou aan mekaar.

©adéle theron
Title: Re: Drome
Post by: Ans Botha on July 12, 2017, 11:23:40 AM
Baie mooi. Ja 'n mens raak selfsugtig met jou "Me time" Ek is. Dan moet niemand my pla nie. Maar ons moet seker daar oorkom.
Title: Re: Drome
Post by: Marinda Kemp on August 19, 2017, 08:58:41 PM
Jy skryf die liefde soet-mooi. Maak mens weer uitsien na liefê, laat mens glo liefde bestaan nog