Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 21, 2017, 07:20:21 PM

Title: Here, wat het U vir my bedink?
Post by: adele on February 21, 2017, 07:20:21 PM
Here, wat het U vir my bedink?

Uit die as my opgetrek
bloeiende are se skeure
met sydrade toegewerk
en die mosaïek in my hart gepoleer.

Weer lewe oor my ge-asem
en my oë vir U lig oopgemaak;
my geroep na U troon
en veerpen en ink gegee
om hierdie perkament
met U waarheid te vul?

Nou blaai U die enkele velle
van my voltooide storie om,
blaas die woorde droog
en hang hulle teen 'n pilaar
in die troonsaal van U liefde.

©adéle theron

Title: Re: Here, wat het U vir my bedink?
Post by: Meraai vannie Baai on February 21, 2017, 11:23:14 PM
WOW! Dit is puik puik mater. Elke woord beitel 'n blywende beeld :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Here, wat het U vir my bedink?
Post by: adele on February 22, 2017, 01:32:54 PM
  :hello:   :toothy4:   :hello: