Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on January 05, 2017, 08:42:50 PM

Title: Veertig jaar gelede
Post by: adele on January 05, 2017, 08:42:50 PM
Dit was veertig jaar gelede
en met stilraak langs die water
verbeel ek my soms
daardie goud was
nie net klater

het ons besef 'n toekoms kon wink,
'n wêreld buite die mure
van konvensies
en sosiale stand?

©adéle theron
Title: Re: Veertig jaar gelede
Post by: Meraai vannie Baai on January 06, 2017, 04:05:20 AM
As hierdie twee verse die inhoudsopgawe van 'n boek was, het ek dit dadelik my eie gemaak  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Veertig jaar gelede
Post by: adele on January 07, 2017, 08:36:34 AM
Raaitjie ...  :love7: