Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 25, 2016, 08:19:39 AM

Title: In ‘n herbergstal
Post by: adele on December 25, 2016, 08:19:39 AM
In ‘n herbergstal

Nie vir homself nie,
het Josef die herbergier gevra,
maar vir sy swanger Maria,
sy kon nie verder dra ...
die pad was lank,
hul watersakke droog.
Die man het sy kop geskud,
miskien… as hul die stalvloer vee,
kon sy daar aan haar Kind geboorte gee.
Het trane op haar wang geblink?

Dankbaar het sy met komberse
’n bed laat vou oor hope strooi,
toe moeitevol neergekniel
en geloof, hul HemelHeer!
Eers in die donker was als verby …
het Josef die Kindjie in ’n krip laat bly,
maar oor vlaktes wyd het engelesang
aan almal van die Wonder vertel.


©adéle theron
Title: Re: In ‘n herbergstal
Post by: Marinda Kemp on December 27, 2016, 09:42:09 PM
Kry eintlik hoendervleis. Baie  mooi  :love7:
Title: Re: In ‘n herbergstal
Post by: PM on December 30, 2016, 12:05:18 PM
'n Eeu ou storie nuut en mooi geskryf Adele. 
Title: Re: In ‘n herbergstal
Post by: adele on January 18, 2017, 01:13:15 PM
Marinda, PM,  ...   :love7: 
Title: Re: In ‘n herbergstal
Post by: Meraai vannie Baai on January 18, 2017, 10:51:54 PM
Ek kom ook eerbiedig my dank betuig vir die deel. Lief hoe jy "HemelHeer" geskep en gebruik het!
Title: Re: In ‘n herbergstal
Post by: adele on January 19, 2017, 07:24:02 AM
   :love7:  dankie Raaitjie, ek koester jou kuiertjies xx