Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 22, 2016, 06:41:10 PM

Title: as ek weer kon ....
Post by: adele on December 22, 2016, 06:41:10 PM
as ek weer kon …

wil ek 'n erfie grond omspit
daar waar die windpomp draai                     
sal ek 'n duisend lelies plant
en as 'n waterpyp lek
drup …
drup …
elke lelie
daarmee versorg
want liefde het mos sy plek
en in my hart sal 'n blom gedy

©adéle theron