Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on December 14, 2016, 10:42:40 AM

Title: Ons groet 2016
Post by: adele on December 14, 2016, 10:42:40 AM
Wees gegroet, dierbare vriende, lede, deelnemers en stille toeskouers!

Dit was 'n jaar waarin ek my net in die Here verbly met nederige dankbaarheid dat Hy my in sy Koninkryk gebruik;
soveel ervarings tussen woordeboeke en woordvriende wat my altyd sal bybly en voltooiing van boeke wat nou op Amazon beskikbaar is... dit is van die wonderlikste, mees verrykende ervarings in my lewe.
Seermaakdinge wil ek vergeet en blomme pluk waar die mooi oor-rank is met rose om dit aan die Nuwe Jaar se voordeur te hang om elkeen van julle welkom te heet op my erfie.
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: Meraai vannie Baai on December 15, 2016, 02:18:40 AM
As ek die fraaie ABC geluide hoor wanneer ek die hekkie op jou woorderf oopstoot, voel ek tuis liefste mater van ons. Saam jou dankbaar vir die mooi in jou lewe en die voorbeeld wat jy vir ons stel wanneer die grootste seer dwars oor die toekomspad strek.
 :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: adele on December 15, 2016, 11:01:38 AM
lief jou Raaitjie, al gesels ons nie elke dag nie  :hello2:  loer ek gereeld in by Asemdief ens ens ... En ek is so dankbaar God is goed vir julle   :love7:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2016, 11:27:20 PM
Voel jou teenwoordigheid en omgee  :love7: :notworthy:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: Trapsoetjie on December 21, 2016, 05:18:20 PM
Hallo stille soetjiestrap stap weer in.

Ek vir een kan nie wag om die stof van 2016 af te stof nie. Te veel dinge, nie almal lekker, wat eerder in 2016 moet agter bly.

 :angel12:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2016, 08:53:57 PM
Mag die volgende jare vir jou beterder wees Trappies  :toothy4: So wonderlik om jou weer raak te lees man  :love7: :hello2:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: Trapsoetjie on December 23, 2016, 07:42:42 AM
Dankie Ta-Meraai.

Elke jaar het maar sy dinge goed en sleg, ek vat elke dag met 'n klein bietjie minder sout (sout is nie goed vir die bloed druk nie...lol) Geniet jul vakansies.

 :angel12:
Title: Re: Ons groet 2016
Post by: PM on December 30, 2016, 11:46:23 AM
So lekker om julle almal raak te lees.  Lief julle viskikik baie.  Mag die nuwe jaar vir ons almal beter wees. 
Hoop ons kuier die forum stinkend stukkend.