Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 12, 2016, 07:09:30 AM

Title: Dis nag, dis stil
Post by: adele on December 12, 2016, 07:09:30 AM
Dis nag, dis stil
en met dagbreek
roep sy van ver, van daar
waar die wind omdraai
en 'n onthou uit haar lewe
oor die horisonkranse waai …

haar skaam droom, nederig
lê nog veerlig in sy hande
maar sy oë traanblink
haar beeld rimpel op die water
want die aarde het gebewe
en die rots onder haar hart gekraak.


©adéle theron
Title: Re: Dis nag, dis stil
Post by: Meraai vannie Baai on December 12, 2016, 11:53:37 PM
In eerbied kom sit ek hier langs jou lyne in nederige dankbaarheid dat jy jou talent om emosie te verwoord, met ons deel  :notworthy:
Title: Re: Dis nag, dis stil
Post by: adele on December 14, 2016, 10:28:23 AM
Ai, Raaitjie, dis maar sommer net .... dankie, soms voel ek broos   :love7: 
Ander se seer eggo nogals maklik in my hart vas.
Title: Re: Dis nag, dis stil
Post by: PM on December 30, 2016, 12:00:14 PM
Traanmooi geskryf!