Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 14, 2016, 05:12:45 PM

Title: In 'n enkele nag
Post by: adele on November 14, 2016, 05:12:45 PM
In 'n enkele nag
versplinter my miserabele lewe
soek ek na woorde
onvoltooid hang dit in my keel
dan  val ek neer in soeke
meng my trane oor Sy voete
met die geurige olie
waarmee ek my ou lewe uitgooi
en met Sy liefde
word ek ‘n Nuwe Lewe ingenooi.


©adéle theron