Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 03, 2016, 06:16:39 AM
-
iets uit my eerste griffels, teruggesnoei en geskaaf
2009-07-18 08:11:11 gesnoei en gekap
Ou Populierboom
Ou populierboom so treurig
hartseer en verlatenheid
dwars oor jou geskryf
geelbruin blare waai rond
Kan ons maar ons seer
gebreekte liefde weggooi
Ou populierboom, jy sug
moedeloos met jou kaal lyf
jou takke winterverdrietig
Hoekom treur óns ook so?
koester ons die ysigkoue
kaalgestroop van geloof …
Mag ek ook na elke seer seisoen
onverwags ontwaak
met nuwe lewe weer asem
Mag ons Skepper my lewe
oplig en blarebot
met Sy liefde en vrede
©adéle theron
-
Pragtig!