Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on September 01, 2016, 09:53:46 AM

Title: Heerlike Lente en wie skryf
Post by: Ah Willa on September 01, 2016, 09:53:46 AM
'n heerlike lente dag vir elkeen!



Weet enige een waar kom die woorde vandaan :

Die berge staan vors in die oggendblou,
Die geur van fynbos en protea wat aan my klou,
Die son sê warm reën op my,
Die oggendbries sê vingers streel oor my

Die swaweltjies het weer gesig kom wys,
Rus gevind na n lang reis,
Die Boland ontwaak uit sy winter slaap,
Soos elke jaar het dit my hart geraak.
Lekker lentedag vir my maters.
Title: Re: Heerlike Lente en wie skryf
Post by: Ah Willa on September 01, 2016, 11:44:44 AM
Die skrywer is vermoedelik lyk my Andre Onell (sy regte naam : Andre Myburg) ken julle hom en het julle al sy werk raak gelees - en die boonste gedig -ken julle die gedig?
Title: Re: Heerlike Lente en wie skryf
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2016, 12:50:37 AM
Ken nie skrywer of gedig nie maar dankie baie vir deel Willa  :notworthy:
Title: Re: Heerlike Lente en wie skryf
Post by: Ans Botha on September 06, 2016, 07:34:45 AM
Ek ken hom toevallig, (as skrywer natuurlik) dit klink soos hy. 'n Baie mooi gedig wonder hoekom die gedig naamloos is.