Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on August 22, 2016, 10:18:32 AM
-
dit is so donker om my
waar sal ek wees
hoe het ek hier gekom
ek gly dan nog
my hande gryp angstig na iets in die donker
my naels hak vas aan ‘n wand
ek grou hulle dieper in
ek voel hoe ek tot stilstand kom
die donker maak my bang
ek roep
maar ek is alleen
tog voel ek ‘n teenwoordigheid
ek begin bid
Heer gee my krag om weer bo te kom
ek voel hoe my kaalvoete teen ‘n wand vasskop
my tone vind ‘n vastigheid
stadig maar seker begin ek my optrek
dit is so al of ek hulp van iewers kry
krag deurboor my liggaam
die donkerte begin stadig ligter word
Heer hoekom neem dit solank
het ek dan so diep geval
dat ek dan solank moet klim
gee dat ek nie sal moeg raak voor ek bo is nie
dit neem my dae lank voor ek lig sien
die einde is nie meer ver
ek kan die wal van die gat sien
net nog ‘n rukkie dan is ek bo
stadig trek ek my uit die gat
vir dae lê ek op die rant
dan staan ek op en beweeg stadig weg
terug na waar ek vandaan gekom het
dankie Heer dat U my gered het
my nie gelos het om verder te val
my gehelp het om uit beur
tot waar ek weer mens kan wees
©ANS BOTHA
-
Dit gaan sleg as die "swart hond" (depressie) 'n mens aan die stert beet het Ans. Ek is bly jy is so ver. Hou moed Matertjie.
-
Ek doen. Ek wil en sal nie daardie pille drink nie. Ken dit het dit gedrink toe ek jonk was. 'n Mens besef nie wat se lelike mens dit van jou kan maak nie. Ek is nie nou 'n baie aangename mens nie, maar dit raak beter. En ek bid soos nog nooit tevore nie. Bo sal ek uitkom!
-
Ek is darem nou uit hierdie "gat" en is weer my ou selwers en dit sonder pille.
-
Dankbaar vir jou part skrywersmater. Sterk staan!
-
Meraai ek het julle so gemis. Hoe gaan dit nog met julle almal hier
-
Goeiedag Ans.
Ai jong, soos ek jou gedig lees, het dit amper geklink soos uit die uitkyk van iemand wat lewend begrawe word en dan bykom en probeer ontsnap. Jammer dat ek my so musgis het, maar in 'n mate is depressie ook amper iets soortgelyks.
Dankie dat jy dit met ons gedeel het.
:notworthy:
-
Laat weet bietjie hoe gaan dit nou met jou Ans.
-
Ai vriendin die een dag op en die ander dag af. Maar ek gaan aan. Ons vrouens is mos nie gebou om te gaan lê nie. Mis ons kuiers hier net geweldig baie Op 'n stdium was dit baie stil