Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on August 22, 2016, 09:39:01 AM

Title: Saam het ons
Post by: Ans Botha on August 22, 2016, 09:39:01 AM
Woes het gesluit en baie interessant het ek hierdie gedig geskryf voor ek die negentiende Januarie hier by die werk uitgestap het na my oogspesialis toe. Net om vir almal totsiens te se. Min wetend dat ek vandag eers weer die moed het om te begin skryf.

Saam het ons

saam het ons gekuier
saam het ons gelag
saam het ons gehuil
saam het ons gebid

saam het ons hande gevat
saam het ons in stilte geluister
saam het ons raad gegee
saam het ons raad aanvaar

saam het ons nog een verwelkom
saam het ons ‘n tuiste geskep
saam het ons ‘n groot familie geword
saam het ons gegroei

saam moet ons nou hande los
saam moet elkeen sy eie rigting kies
saam moet ons aanvaar die einde het gekom
saam moet ons mekaar nou vaarwel toewens

©ANS BOTHA

Title: Re: Saam het ons
Post by: Meraai vannie Baai on August 22, 2016, 10:56:42 PM
Daar was soveel gedeel... jy het dit pragtig saamgevat Ans  :icon_salut:
Title: Re: Saam het ons
Post by: Ans Botha on August 23, 2016, 12:05:04 PM
Ek het net gedink hier is soveel van Woes af ek moes dit deel. dankie vir jou kommentaar Meraai.