Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on June 23, 2016, 07:48:34 PM

Title: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: PM on June 23, 2016, 07:48:34 PM
Ons het al soveel kere die spreekwoord "die appeltjie val nie ver van die boom af nie" gehoor.
Hoe gebeur dit dat 'n kind sy ouers, broer en "amprer suster"  ook vermoor?
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2016, 09:00:19 PM
 :crybaby2: Ek het nie woorde nie.
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Naas on July 05, 2016, 07:02:20 PM
Ek wil ook graag agter die kap van die byl kom. Mense se koppe bly maar 'n deurmekaar spulletjie. Kyk maar hoe verloor pistooleus kop en ontken alle verantwoordelikheid al het hy nie 'n voet om op te staan nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2016, 11:35:38 PM
Pistooleus...net in Afrikaans  :icon_salut:
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: PM on July 13, 2016, 09:48:59 AM
Ek stem, nie 'n voet nie. 
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Assie on October 12, 2021, 10:47:17 PM
Oupa se: "Die appel val nie ver van die boom af nie behalwe as die boom hoog op die bult staan, dan rol daai appel afdraand tot binne in die varkhok."

 :mumum:
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Naas on October 13, 2021, 04:42:10 AM
En ken ons nie baie sulke mense nie. Hooggeag in hulle dorp maar kinders verdorwe tot tronkmateriaal wat vry rondloop.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: PM on October 14, 2021, 09:25:17 AM
Ons praat ook oor mense se algemene sin vir waardes.  Baie mense het geen intigriteit nie.  Hulle heg geen waarde aan 'n kontrak nie, het nie 'n selfbeeld of selfrespek nie.  Weet niks van "my woord is my eer" nie. 
Respek vir ander is 'n rariteit. 
Ek wag vir JC in die motor en sien 'n blanke man wat 'n pakkie sigarette gekoop het uit die winkel kom.  Hy maak die pakkie oop en gooi sy papiere net daar in die straat.  Ek weet nie wat oor my siel geloop het nie, maar ek vra hom wie dink hy gaan sy papiere agter hom loop en optel.  Hy kyk my aan asof ek van die maan af is.  Hy ruk sy lyf in 'n ander rat in en stap net aan.  Ek tel dit toe self op en gooi dit in die blik wat net daar staan. 
Wat het van ons waardes geword?
Title: Re: '[n Blinde koeltjie deur die kerk?
Post by: Naas on October 14, 2021, 09:38:55 AM
Die land se kultuur het onaanpasbaar verander.
Ongelukkig kan ons met ons eerstewereld kultuur nie die derdewereld kultuur van Afrika verstaan of aanvaar nie want dit is so primitief dat dit nie bestaan nie.
En ek, wat al bietjie in die donkerte van Afrika rondgeloop het besef nou dat die kutuur hier in die suide op sy donkerste is
Elke donker land het 'n pikdonker randjie/puntjie

 :icon_bigsmurf: