Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 14, 2016, 04:00:54 AM

Title: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2016, 04:00:54 AM
Lees ek nou die volgende raak: die persoon beweer sy het nie aspris gewig aangesit nie - dit was 'n snaccident. Nou wonder ek,  sal so gewigtige oepsie nou 'n snoepsie wees in Afrikaans? Kom help  :book1: :bootyshake:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Assie on May 16, 2016, 10:25:51 AM
"snoepsie" is 'n pragtige woord vir "omymagtagdaareeteknouperongeluknbloksjokeladeineensittingalleenop"

Mooi so Ta Raaitjie


 :mumum:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Meraai vannie Baai on May 17, 2016, 01:35:36 AM
En jou suikersoet-tameletjiewoord is sooooooo gepas daarby Assie. Welgedaan  :notworthy: :hello2:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: PM on May 20, 2016, 06:40:28 PM
Ag nee, ek hou niks van daai woord nie, dit maak my net lus, belustig, honger, kouering, snoeperig, ens.
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2016, 03:23:19 AM
Innige snoepatie mater  :icon_biggrin:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Assie on May 21, 2016, 07:25:32 AM
'n Snoepsie op sy tyd is soos brood en konfyt
doen jy dit reg sit jou jeupe uit
al noem jy dit 'n liplekblunder
jou magie raak nie dunner
om per ongeluk so duk te word
is 'n suikersoete boeresport

Daai snoepsigtige liplekblunder
wanneer ons die yskas plunder
daai maak die lewe die moeite werd...


 :mumum:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2016, 09:43:17 AM
Ek trippel opgewonde en dink by myself, geseend is ons om vir Assie met haar wysheid in onse midde te he. Ek verlustig my aan elke snoepige lyntjie  :toothy4:

Liplekblunder  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: PM on May 27, 2016, 06:21:52 AM
Werklikwaar.  Ek geniet elke lyntjie.
Iemand vra vandag vir my wanneer kry hulle boek drie, seg ek, sodra die skrywers weer wil skryf.
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2016, 12:05:47 PM
Dan moet ons plan maak  :toothy4:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Naas on September 17, 2021, 11:28:56 AM
Ffffrikidel... Hoe het ek die gemis.
As die suiker jou beetkry
En die ouderdom jou boepry
Smul jy die sjokolade
Weggesteek vir gade
Want wat vroulief nie weet
Veroorsaak jou nie leed.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Assie on September 17, 2021, 12:41:00 PM
OOM NAAS!!! EK GAAN VIR TANNIE ELMARIE VERTEL!!!

 :mumum:
Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: Naas on September 17, 2021, 04:52:36 PM
Klikbek!!!

Title: Re: Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'
Post by: PM on September 17, 2021, 09:26:28 PM
Ek het hierdie snoepgoed baie gemis.  My dag was besiger as besig, nou kom ek gou 'n bietjie "aflaai".   :hello2: