Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 06, 2016, 09:45:31 PM

Title: Dis verby ... maar ook die begin
Post by: adele on May 06, 2016, 09:45:31 PM
die lewensstorm het als verniel
die natuur verpletter en vergruis
’n bejaarde boom diep ingewortel
uit sy eeu-oue akker geruk
stroef dog sonder bitterheid
kom hy by sy laaste rusplek aan
slegs geliefdes wat seer aanskou
hoe sy takke in vuur en as vergaan
maar liggies dartel ’n laat sonstraal nou
in die waterkreukels op die dam
en verf reënboë in die druppels
wat aan die wilgerboom se blare hang

©adéle theron

Title: Re: Dis verby ... maar ook die begin
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 10:48:27 PM
Beeldende woorde mater!
Title: Re: Dis verby ... maar ook die begin
Post by: PM on June 25, 2016, 08:39:28 AM
Baie mooi geskryf matertjie.  Ek het 'n paar goed gemis, maar is besig om weer al my varkies op hok te kry.  Ag toe, amper almal.   :angel4: