Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on January 04, 2016, 05:21:06 PM

Title: Geluk Adéle
Post by: PM on January 04, 2016, 05:21:06 PM
Sustertjie, ek hoop dat jou nuwe lewens jaar vir jou net gesondheid, voorspoed en vrede inhou.
Mag jy ook tog 'n tydjie kan afknyp om te kom kuier hier tussen die diere.
Ons lief vir jou. 
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: Meraai vannie Baai on January 04, 2016, 11:07:15 PM
Net die mooiste wens ons jou toe liefmater!  :love7:
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: Naas on January 05, 2016, 03:38:54 AM
Ek hoop jy het n wonderlike dag beleef vol liefde en bederf.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: Fransi on January 05, 2016, 09:10:43 AM
Soos gewoonlik 'n rapsie laat, maar ek hoop uit my hart uit dat jy 'n dag vol vreugde gehad het en dat hierdie jaar net mooi dinge vir jou sal inhou.
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: adele on January 05, 2016, 03:41:02 PM
dankie danknnnkie! julle. Ons ou groepie sal altyd my hartsbasis bly.   :toothy4:  So 'n kuier kan darem net 'n reuse kersligpunt wees, ai.   :love7:
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: PM on January 06, 2016, 08:45:44 AM
Maak 'n plan hoor.  Hier loop die diere tussen die huise deur.  Dit was weer 'n geskarrel vanoggend om die bobjane van my voorstoep af te hou.  Die goed het geen respek vir 'n vrou nie, maar ek kan net die kettie vir hulle wys dan maak hulle gatskoon. 
Title: Re: Geluk Adéle
Post by: Fransi on January 08, 2016, 08:06:18 AM
 :love7:  :icon_biggrin: