Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on January 02, 2016, 09:41:52 AM

Title: Die verkeerde meisie
Post by: PM on January 02, 2016, 09:41:52 AM
Ek het oopbek gestaan en kyk hoe hulle die nuwe "miss universe" se kroon by haar afneem en dit vir iemand anders gee.
My hart het gebloed vir haar.  Regtig gebloed!
Title: Re: Die verkeerde meisie
Post by: Naas on January 02, 2016, 01:57:57 PM
Ek was ook nogal omgekrap vir haar totdat sy soos 'n Kaapse koei begin vloek en skel het. Toe verstaan ek nie eers hoe sy 'n prinses geword het nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die verkeerde meisie
Post by: PM on January 02, 2016, 04:07:09 PM
Daai deel het ek nie gesien nie.  Het sy in Engels gevloek? 
Title: Re: Die verkeerde meisie
Post by: Naas on January 02, 2016, 05:26:33 PM
Ek weet nie in watter taal sy gepraat het nie maar sy was 'commen kwaad'


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die verkeerde meisie
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2016, 11:00:47 PM
Griet Verdriet - dit was omtrent 'n gedoente wat nie maklik nagemaak sal kan word nie. Die vloekdeel het ons gemis  :icon_biggrin:
Title: Re: Die verkeerde meisie
Post by: PM on January 04, 2016, 05:19:26 PM
Ons het dit ook gemis.  So jammer!