Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Wenke wat werk => Topic started by: Assie on December 20, 2015, 12:53:19 AM

Title: Oupa se raat teen aambeie
Post by: Assie on December 20, 2015, 12:53:19 AM
Ja. Raat met 'n tee. Voor iemand weer 'n woordeboek nadertrek. Die meervoud is rate.
En dit werk:

Na elke stoelgang, was mooi skoon en smeer goed in met sout.
So drie dae later is die goed so dors, wanneer jy gaan sit spring dit af in die bak om water te drink. As dit gebeur, spring jy op en spoel jou probleme in die drein af.
Ha, Ha. Het julle.


 :mumum:
Title: Re: Oupa se raat teen aambeie
Post by: Naas on December 20, 2015, 06:44:29 AM
Assie... Assie... Assie. PM gaan jou en Oupa wegjaag van die forum af.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Oupa se raat teen aambeie
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 08:27:07 AM
Mog ek nooit aambeierig worre nie. Vir die ritueel is ek nie opgewasse nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Oupa se raat teen aambeie
Post by: PM on December 24, 2015, 07:46:15 AM
PM het haar eie raat met 'n tee.   :toothy4:
Sodra die ding uithang, dan vat jy 'n vuurhoutjie en brand dit tot dit terug spring.
Nou klop jy op die vuurhoutjiedosie.
As dit weer sou waag om uit te hang, dan klop jy net op die vuurhoutjiedosie dan spring dit vanself weer terug.   :angel7: