Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on December 19, 2015, 12:50:09 PM

Title: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: PM on December 19, 2015, 12:50:09 PM
Hierdie jaar wat kom mag die meisies mos die mans uitvra, of vra om te trou.   :icon_biggrin:
Assie, wie gaan jy vra?
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: Assie on December 19, 2015, 02:08:01 PM
Nee wat Antie PM. Hier in die Langkloof is die kanse maar skraal.
Alhoewel... Die nuwe dominee se seun is nogal 'n stukkie vir die oog. Sal maar sien. Die 29ste Februarie is darem nog so paar maande weg.




 :mumum:
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: PM on December 19, 2015, 02:09:54 PM
'n Mens het mos tyd nodig om sulke dinge te beplan Assie.  Jy moet maar praat as jy hulp nodig het met die bewoording.
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: Naas on December 19, 2015, 03:52:16 PM
Assie my skat, jy moet mooi dink oor die dominee se seun. Sy kêrel gaan nie daarvan hou as jy in sy slaai krap nie.
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2015, 10:26:57 PM
O hallie ha! Vergewe my dat ek so vroeg in die oggend iemand se uitdrukking steel, maar my eie skiet te kort na ek hier gelees het  :headbang:
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: Assie on December 20, 2015, 12:49:43 AM
O kerskalkoen!!! Wat praat Oom Naas dan nou. Skrikkel ek myself nog 'n paar jaar agter Oupa se kruisbande in.
 :pottytrain5:


 :mumum:
Title: Re: 2016 is Skrikkeljaar
Post by: PM on December 24, 2015, 07:12:17 AM
Goeie griet, dit is nou vir jou 'n ding!   :icon_scratch:  Wat van daai grootwildjagter daar naby julle?