Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on December 19, 2015, 09:42:15 AM

Title: 45 Jaar
Post by: PM on December 19, 2015, 09:42:15 AM
Vandag is ek en Hannes 45 jaar getroud.  Saam het ons sewe sakke sout verorber, baie lief en leed meegemaak, maar ons is nog aan die heup vas.  Ek lief hom oor die maan en terug.   :love7:
Title: Re: 45 Jaar
Post by: Assie on December 19, 2015, 11:03:25 AM
Baie geluk Antie PM en Oom Hannes. Diep waters maak die saamwees soveel mooier.



 :mumum:
Title: Re: 45 Jaar
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2015, 11:08:42 AM
WOW! Dit is werklik iets om te vier. So baie baie geluk  :love7: Wat 'n pragtige voorbeeld vir ons almal om te volg.
Title: Re: 45 Jaar
Post by: PM on December 19, 2015, 12:44:34 PM
Baie dankie.  Die internet is weer ekstra moedswillig vandag.  Hier is dit 34 grade in die koelte met 'n heerlike windjie wat trek, maar internet is soos harmansdrup op 'n koue wintersoggend.