Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on November 16, 2015, 11:46:49 PM
-
my oë tuur geskok oor die bouval
voor my lê ons groot ou plaashuis
net mure stene en sand
wat die wêreld rond lê
hier waar ek gevorm is
waar ek sorgeloos kon speel
weg kon dwaal na die Marico rivier
om ure daar te verwyl
of sommer net op my rug
saans op die gras te kon lê
die sterre probeer tel
na die naggeluide kon luister
hier waar ek nog die stilte kon hoor praat met my
die windjie deur my hare kon voel speel
in goeie jare se reën seisoene
die Marico rivier kon hoor roep na my
nou het daar net ‘n murasie oorgebly
geen groen gras om my op neer te vlei nie
al wat oorgebly het
is die oneindige stilte
©ANS BOTHA
-
Baie emosioneel geskryf Ans. Ek lief daardie tweede ontkenningswoordjie wat jy so mooi toepas.
-
Dankie PM ek waardeer jou insette in my gedigte baie meer as wat jy dink
-
Die wereld daar langs die Groot Mariko Met sy Pragtige donderstorms sal ook altyd naby aan my en Oupa bly. Die Murasies van ons verlede word so mooi deur Antie Ans verwoord. Ek verlang nou ver terug.
Oupa se altyd "Waar die fondasies in die hart gegooi is sal kastele nooit vergaan nie."
Dankie Antie Ans.
:mumum:
-
Dankie Ansie.
-
Ek stem saam met julle, dit is pragtig verwoord. Wat my veral opval is hoe puik die afwesigheid van enige leestekens, hierdie gedig se rugstut vorm! Gedagtes wat eindeloos vloei....
-
Dankie Meraai ek waardeer werklik jou kommentaar, dit beteken vir my baie.
-
Dankie Assie ek waardeer dit opreg. Dit voel goed as 'n mens weet jy tref met jou woorde iemand se gedagtes.