Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on October 11, 2015, 06:31:26 PM

Title: Jy met jou donker oë
Post by: Ans Botha on October 11, 2015, 06:31:26 PM
jy met jou groot donker oë
wat soos diamantjies skitter
in die oggend son
speels in my oë staar

jy met jou groot donker oë
wat my hart verlam
my maag laat rondomtalie
my in jou arms wil voel

jy met jou donker oë
waar kom jy nou vandaan
ek het gesoek elke dag
maar jou nooit gevind

jy met jou donker oë
weet jy nie dit is nou te laat
net ‘n kyk tussen ons
en ‘n vaarwel laaste loer

©ANS BOTHA
Title: Re: Jy met jou donker oë
Post by: PM on October 12, 2015, 11:30:44 AM
Pragtige herhalende gedig matertjie.
Title: Re: Jy met jou donker oë
Post by: Ans Botha on October 20, 2015, 04:09:56 PM
Dankie vriendin ek waardeer. Net so bly om terug te wees