Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Taalhulp => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 23, 2011, 04:32:57 AM

Title: Volksetimotologie
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2011, 04:32:57 AM
Volksetimotologie: Wanneer daar vir vreemde woorde wat betekenloos voorkom, woorde vervorm/herskep word wat bekend is. Kom dikwels onbewus voor weens onkunde en soms doelbewus vir die humoristiese inslag:

Kattebelletjie: afgekrabbelde haastige nie-vormlike briefie verbastering van Nederlands - cartabel

Duisendtree: Eng. dysentery (buikloop)

Ellie-roos: Eng. early rose (soort ertappel)

Bromkaaitjies: Eng. Bronchitus

Eendjiebyter: Eng. incubator

Gryspatrys: Eng. repatriation

Halsband: Eng. Husband

Kouehart: Eng. Coward

Kraaislinger: Eng. Chrysler

Oliekolonie: Keulse water voorheen eu de cologne

Spietkop: Speed cop

Kat-se-blasies: Eng. cactoblastis

pens-en-katjies: Eng. appendicitis

blouhermaans: Eng. blanc mange

merrie-korhaan: Eng. merry-go-round

Spek en bone: Spes bona

pynkelder: Eng. Pain killer

Traansuster: Eng. transistor

Dikstertmerrie: Eng. dictionary

Dronknes: Eng. drunkenness

Bekdrywer: Eng. Back-seat driver

*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd

Title: Re: Volksetimotologie
Post by: PM on September 07, 2021, 08:49:42 AM
Ek het al met 'n paar te doen gekry, maar die meerderheid is humor op stelte.   :icon_biggrin:


Dankie vir die plaas Raaitjie, heerlik om jou weer terug te he. :love7: