Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 11, 2015, 12:40:05 AM

Title: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2015, 12:40:05 AM
Kon nie anders as om kekkelende te giggel met respek aan die kapoet-hoender :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Hoenderhumor.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Hoenderhumor.jpg.html)
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on September 11, 2015, 12:47:07 PM
 :icon_biggrin:  Verseker giggel ek saam!   :bootyshake:

Op hierdie oomblik is Hannes besig om 'n boendertjie op die spit gaar te maak.  Ek het nog 'n paar kilo's om te verloor en is terug by oom Google om allerhande wenke op te lees.  Hou gerus die Dieet-afdeling dop.   :bootyshake:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on December 11, 2017, 03:17:04 PM
Ag foeitog, dit is bykans 2018 en ek sukkel nog steeds met my gewig.  Wens ek kon 'n paar pitte input en so 'n groot bol output.   :angel4:  Ai, nou is dit net kapoet!
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on December 11, 2017, 05:39:57 PM
Ek en my gewig het saam grootgeword en is soort van geheg aan mekaar geraak.  Ons lewe dus nou in vrede saam en is dus nie een baie gestress oor die ander nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2017, 10:46:12 PM
Gewigtige sake inderdaad. Ek voer tromp-op self 'n klein oorloggie teen lesings op die skaal. Baie seker daarvan die ding is 'n terrie  :icon_biggrin:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: adele on December 12, 2017, 03:14:55 PM
'n Vriendin vertel my op whatsapp ...
 Djjjeezlike . Ek kan nie glo die SPCA is so vol nonsens en streng nie !!! Soveel vrae , net oor ek die tyd van die jaar 'n kalkoen wil aanneem !!!!
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on December 12, 2017, 07:51:06 PM
Wonder of hulle 'skaap of twee het vir aanneming.

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 13, 2017, 08:44:42 AM
Hehehhehehe. Ek giggel myself in 'n hikbui in  :toothy4: wonder of mens iewers in die fynskrif 'n belofte wat jy moet afle sal vind dat die aangenome troeteldier nie op die kerstafel gaan beland en verslind word nie  :dontknow:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on December 13, 2017, 03:16:01 PM
Met my geluk sal hulle daai kalkoen vrystel.  Julle ken mos die storie?

Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2017, 05:50:24 AM
Ek wag vir die kalkoenstorie PM  :icon_biggrin: :`ip2: nog nie gehoor nie!
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on January 02, 2018, 12:31:44 PM
Hier is die storie.

https://en.wikipedia.org/wiki/National_Thanksgiving_Turkey_Presentation

National Thanksgiving Turkey Presentation is a ceremony that takes place at the White House every year shortly before Thanksgiving. The President of the United States is presented with a live domestic turkey by the National Turkey Federation, usually of the Broad Breasted White variety. The early years also included a joint presentation with the Poultry and Egg National Board. The ceremony dates back to the 1940s, with presidents occasionally sparing the bird presented to them; since 1989, during George H. W. Bush's first Thanksgiving as president, it has been an annual tradition for the president to "pardon" the turkey.
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2018, 07:27:44 AM
Dankie vir deel mater. Iewers het ek so oulike grafiese voorstelling gesien van 'n vark gedurende Thanks Giving wat se hy is so bly hy's nie 'n kalkoen nie - dan antwoord die kalkoen iets in der voege:- swyg vark, kersfees kom!  :icon_biggrin:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on December 02, 2018, 07:36:41 AM
Ja... Assie se oupa se altyd: "Elke hond kry sy dag, maar 'n brak kry sommer 'n hele naweek."



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2018, 07:43:16 AM
Wonder of Assie se oupa nie al 'n weduwee buurtannietjie in die oog het vir 'n oujaarsdag-skuurdans?
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on December 02, 2018, 07:55:19 AM
Hulle is mos maar alleen mense daar oppie plaas. Sal seker maar soos ek allen by die familie kuier om 'n vuurtjie.
Harde lewe gehad met sy vrou en die dat Asie se pa in die malhuis beland het help ook nie. Ek dink hy en Assie hou mekaar uit trou uit.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Assie on December 02, 2018, 05:30:30 PM
Oom Naas moenie so van my en oupa skinder nie. Ek lees allies.  :nono:
Ja. Oupa sê hy sien nie weer kans vir vrouvat nie. Is al te oud vir weer aanpas by nuwe vrou se nukke.
Ek sal trou as die regte prins verbykom maar agv pappa se probleme sal daar nie kinders wees nie. My man sal eers daarmee moet gelief neem.


 :mumum:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 03, 2018, 12:30:59 AM
Dit smaak my die veearts is nou heel uit die liefdesprentjie gevee. Hy moes verseker net 'n paar potloodstrepe in die hoofstuk van jou lewe gewees het Assie. Hou moed nooi. Die regte ene sal opdaag. Onthou om hom te vra of hy koeie met die hand kan melk hoor! Dit is BAIE belangrik.
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on December 04, 2018, 03:13:54 PM
Goeie griet, julle is stout.  Ek kan nie my as draai nie dan beskinder julle die arme Assie frot!  Assie is gans te slim om enige lieplapper te vat en Oupa pas haar mooi op.   :notworthy:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 12:06:59 AM
Ek sug en sug..... voel skoon verlate. En toe sien ek Naas dwaal ook deur die gange. Hoop ek dit is nie te laat om gou 'hello mater' te skryf nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on December 11, 2018, 10:08:27 AM
 :wave: Ek is hier. My verlof het begin so ek is nou baie besig. Kersgeskenke moet tussen al vroulief sê bestel lings deur gebeur. Vanoggend sukkel ek bietjie met die asem so nou gaan dit ekstra stadig.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on December 11, 2018, 10:58:43 AM
Slow motion - ken van daai ene. Ek verstaan so goed. Oi man, wat se mens behalwe ek dink aan jou en sterkte. Wens mens kon regtig 'n drukkie verpak en stuur.
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on December 12, 2018, 11:45:32 AM
Ek is ook nou soos daai fietspomp.   :toothy4:   Ek raas en blaas.
Toe ek jonger was, was dit baie erg om na daai ou omies te luister wat so swaar asemhaal.  Min het ek geweet . . . my beurt kom!   :evil6:


Ons moet maar vasbyt, min dae.   :bootyshake:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 11:56:50 PM
Welkom welkom in die blasende klub vir gewigtiges PM  :toothy4:
Weet jy wat laat my nog meer bloos as die geblaas? Saam met dit kom daar mos die groot vergeet en jy krap in elke laai in jou kreukelkamer opsoek na die regte woorde wat jou toetentaal ontgaan.

Laat my dink aan ou Koos wat in Spar ingestap het om 'n hoender te koop. Hy kry dit nie en kon tot die dood toe nie onthou wat is 'n hoender in Engels nie.
Desperaat gryp hy toe 'n boksie eiers en vra die kassiere: "Where is their mother?"
 :headbang: :icon_bigsmurf: :`ip2:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on March 12, 2020, 02:41:58 PM
 :toothy4:   Werklik!  Ek weet presies waardeur die ou omie worstel.   :pottytrain2:   Skuus, die verkeerde een.  :icon_biggrin:      :bootyshake:     
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Assie on June 03, 2020, 09:31:12 AM
Ek hoor Oom Naas is ook nou al op pensioen. Hy het lank laas kom kuier.
Ek gaan spesiaal sago poeding kook as hy weer kom kuier.

 :mumum:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2020, 10:57:27 AM
Oe! Ek smeek vir so lekseltjie. Dooi oor sagopoeding. Deesdae rek ek hom so bietjie met 'n blik fyngemaakte pynappel by. Sondiglik lekker.
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: Naas on June 03, 2020, 06:52:41 PM
Ek sal op die plaas wees sodra die regering my geld uitbetaal. gooi solank daai sago in die water.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Hoenderhumor
Post by: PM on June 12, 2020, 10:43:58 AM
Ek hoop dit gebeur voor jou volgende verjaarsdag Naas.   :love7:   Ek sal ook sago kook!