Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 24, 2015, 10:53:32 PM

Title: Boemerang
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2015, 10:53:32 PM
Na 30 jaar se getroude lewe wou Sarie toets of Jan nog lief is vir haar. Sy skryf 'n briefie, plaas dit op die bedkassie en spring onder die bed in toe sy hoor Jan is tuis.
Jan lees die briefie: Ek het besluit om jou te verlaat. Jy is lankal nie meer lief vir my nie.
Jan neem 'n pen en skryf iets op die briefie.
Hy gryp sy foon en Sarie hoor: Hi Sexy. Die ou vrou het my verlaat so ons is nou vry om ons verhouding openlik verder te neem. Sien jou nou.
Met die dat Jan by die deur uitgaan staan 'n omgekrapte Sarie op en lees wat Jan geskryf het:
"As jy weer onder die bed wegkruip maak seker jou voete steek nie uit nie. Nou terug. Gou gaan brood koop."

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Boemerang
Post by: Jeannedarc on August 25, 2015, 11:28:54 AM
 :kermit:
Title: Re: Boemerang
Post by: Jeannedarc on August 27, 2015, 03:02:46 PM
what do you call a boomerang that doesn't come back?

a f*&king stick
Title: Re: Boemerang
Post by: PM on September 04, 2015, 07:12:36 PM
Hannes sê dit is 'n "gonner die donner".  Ai, my man wat nie eers kon poepsie sê nie!   :love7:

Dan het ek ook al gehoor van die ou wat net gou gaan brood koop het en nie weer terug gekom het nie.   :evil6:





Title: Re: Boemerang
Post by: Assie on November 15, 2018, 12:19:49 PM
Die kulkustenaar is deur die Kleinkaroo op pad na 'n optrede in PE toe sy motor begin warm word.
Hy draai by 'n plaas in en soos hy die opstal nader sien hy daar spring 'n poedelnaak man uit 'n venster, hardloop om die huis, klim in 'n groot swartpot en maak die deksel toe.
Hy stop by die huis en die boer se vrou kom vra of sy hom kan help.
My motor het oorverhit en ek soek net hulp.
Met die kom die boer ook aangery en hy vra hoe kan hy help.
Ek is 'n kulkunstenaar op pad PE toe en soek hulp met my motor wat oorverhit.
Ek glo nie in kulkunstenaars nie. Jy sal my eers moet oortuig.
Goed Oom. Ek sal 'n man uit daardie pot uit laat spring. Oom moet my asseblief net help dat ons 'n vuurtjie onder die pot maak.
So gese so gedaan.
Toe die vuurtjie lekker vlamvat raak dit te warm in die pot en die kaal man spring uit en kies die hasepad.
Magtag!!! Roep die ou oom. As jy nie vir my gese het jy is 'n kulkunstenaar nie sou ek nou kon sweer dis dominee Broekhuizen wat uit daai pot gespring het.


 :mumum:
Title: Re: Boemerang
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 12:24:19 PM
Hahahahahaha. Nou't ek my lagpil in vir die nag wat voorle. Ds Broekhuizen sonder broek - Sondag preek hy weer vroom vir die hele gemeente dat hulle broeke bewe van vrees vir die duiwel lol  :toothy4:
Title: Re: Boemerang
Post by: PM on November 15, 2018, 12:44:52 PM
Broekhuize?  Ek het al gehoor van sy broekeloosheid.   :icon_biggrin: