Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on August 14, 2015, 11:55:13 AM

Title: Uitsettingsbevel
Post by: PM on August 14, 2015, 11:55:13 AM
Hier sit ons nou weer met huurders wat nog nooit niks betaal het nie.  Agt maande en geen deposito nie.
Moet ek nou werklik weer my kop in skaamte laat sak omdat ek weer 'n keer jammer was en geglo het in my medemens?
Natuurlik kry ek hulle nou nie uit die huis uit nie.  Sê die "prokkerower" vir my dat ek nie juis 'n kans staan in die hof nie, want daar is twee kinders in die huis.  Dit kan nog ses maande duur as ek gelukkig is. 
Hoe nou gemaak?

Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2015, 03:47:50 AM
Stom geskok met geen antwoord op hierdie helse penarie waarin julle weer bevind word mater :dontknow:
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: Naas on August 17, 2015, 11:40:44 AM
Ontvoer die kinders. Ek is seker daarvan hulle gaan beter af wees in jou hande.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: PM on August 17, 2015, 01:12:07 PM
Dan sluit hulle waaragtagwaar vir my toe en gooi die sleutels weg en skiet my kos met 'n kettie in!

Ai man, ek is so moedeloos!   :crybaby2:
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: Fransi on August 17, 2015, 02:01:36 PM
Ai, ek is so jammer.
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: PM on August 18, 2015, 09:39:14 AM
Fransi!  :hello2:  Bly jy het 'n draai kom maak matertjie.  Dit was vir lank so stil en nou lyk dit of daar
weer oplewing is.   :headbang:

Ek tel aanhoudend die ander seëninge dan hou dit my aan die gang. 

Indoktrenasie is 'n lelike ding.  Van kleins af word dit vir ons ingeprent dat ons moet help waar ons kan.  Nou help jy jouself van die wal af in die sloot!  Die ergste van alles is dat ons ons kinders ook so grootmaak.   :icon_scratch:
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: Fransi on August 18, 2015, 02:28:49 PM
Ja, dit is nie 'n lekker situasie nie.

Dit is heerlik om weer met julle te kan gesels.  :love7:
Title: Re: Uitsettingsbevel
Post by: PM on August 20, 2015, 02:24:13 PM
Huur Behuising Tribunaal het 'n brief aan ons geskryf dat ons die man dreig en hom baie min tyd gee om die eiendom te verlaat!  Hoe lank is ses maande?  Ons het twee maande gelede vir hom 'n brief laat aflewer waarin ons hom sewe dae kans gee om die uitstaande huurgeld te betaal of die eiendom te verlaat. 

Ons was tien dae gelede by 'n prokureur en die het aanbeveel dat ons eerder probeer om hom "vrywilliglik" te laat trek.  Ons het onderneem om al sestigduisend rand wat hy ons skuld af te skryf as hy trek. 
More skryf ons hom aan en dagvaar hom vir die uitstaande skuld. 

Hy kan so bly wees ons behoort nie aan die mafia nie!  :mumum: