Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Gesegdes van toeka tot nou => Topic started by: PM on August 14, 2015, 11:09:57 AM

Title: Help asseblief met hierdie gesegde
Post by: PM on August 14, 2015, 11:09:57 AM
Ek het 'n briefie ontvang van Magda wat vra:

Goeiedag,

Ek wil net uitvind of daar so gesegde bestaan:
“Vang in jou eie broek luise”

Groete,

Magda Stoffberg
Title: Re: Help asseblief met hierdie gesegde
Post by: Naas on August 14, 2015, 12:38:39 PM
Dit bestaan nou. Baie gesegdes is streeksgebonde. In die Lankloof gebruik hulle die gesegde in die plek van die balk in jou oog wat eers uitgehaal moet word voor jy die bos uit Zuma se oog probeer haal.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Help asseblief met hierdie gesegde
Post by: PM on August 14, 2015, 01:27:00 PM
Ons gebruik ook "vee eers voor jou eie deur" hier in die ou Transvaal. 

In Leeupoort kan die luise-ding werk, want ons het 'n plaag van bosluise wat altyd orals opkruip!
Die goed het mos verskillende stadia ook.  As hulle nog so baie klein is word daar na hulle verwys as "peperkorrels".
Jy bly weg onder bome as dit reën hoor.  As daai goedjies op jou val grou hulle net daar in jou vel in.  Dit jeuk en brand vir maande.